Hartprobleme hou akteur uit ‘Grotoupa’

2010-09-07 22:08

Cobus Visser

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Grotoupa moet vir eers nog in die grot bly.

Cobus Visser (61), wat die rol van die Grotoupa in die oorspronklike teaterproduksie Groet die Grotoupa sou vertolk, moes hom weens gesondheidsredes aan die produksie onttrek.

Groet die Grotoupa sou vanaand in die Mardi Gras-teater by Carnival City in Brakpan geopen het, maar is nou onbepaald uitgestel totdat ’n nuwe akteur gevind kan word.

Die teks is deur Lizz Meiring geskryf en sy is ook die regisseur.

Meiring en Frans Swart van Lefra-produksies, die vervaardiger, het gister aan Beeld gesê dat Visser hom op doktersadvies weens hartprobleme aan die produksie moes onttrek.

Volgens Meiring kon sy agterkom dat ’n solovertoning se fisieke eise sy tol op Visser eis.

“Hy is regtig nie gesond nie en ons kon nie anders as om die produksie uit te stel nie,” het Meiring gesê.

Volgens haar stel ’n verhoogproduksie veel hoër eise as die TV-werk waarmee Visser hom in sy rol as Gerhardt in die sepie Villa Rosa besig hou.

Meiring het die rol van die Grot-oupa spesifiek met Visser in gedagte geskryf.

Visser het in ’n mediaverklaring laat weet dat hy jammer is om almal in die steek te laat, maar nie kan bekostig om nié na sy spesialis te luister nie.

Mense wat al kaartjies vir die speelvak gekoop het, sal dit by Computicket kan omruil sodra die produksie se nuwe datums bekend is.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.