Hawking-‘hel’: SA digter vertel

2010-06-30 22:22

Carina Stander

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Suid-Afrikaanse digter was “doods­benoud” dat die bekende fisikus Stephen Hawking in haar sorg sou versmoor.

Carina Stander, skrywer van onder meer woud van nege en negentig vlerke (Tafelberg, 2009), skryf op versindaba.co.za hoe sy Hawking ’n paar jaar gelede versorg het.

“Ek het in Cambridge gewoon toe ek hoor hy soek ’n nuwe persoonlike versorger.

Oud-inwoners het gewaarsku dat dié fisikus ewe bekend is vir sy boeke as vir befoeterdheid, maar o wee, my nuuskierigheidsklier werk ooraktief en ek het besluit om hom te versorg.”

Volgens Stander het hulle een Saterdagaand gaan fliek – “’n galgekomedie waarvan ek die naam nie kan onthou nie”.

In een toneel moes die twee hoofkarakters hul maat se as oor die see strooi toe die wind die as skep en dit in hul gesigte waai sodat lang, grys spoegslierte uit hul monde trek.

“Hawking het nie gelag nie, hy het geskater.

Geluidloos, gesig vertrek van plesier, sodat ek doodsbenoud om hom moes trippel, sy kop onder my arm vasgeklem, besig om sy lugpyp met die apparaatjie skoon te suig.

“Sê nou hy versmoor? Sê nou hy lag hom morsdood? Ek kon die koerantopskrifte al sien. Wie laaste lag ...”

Ander kere was dit ook “amper-stamper of hy’s permanent sekelmaan toe”, skryf Stander.

“Sien, Hawking is ’n roekelose helsem met ’n voorliefde om sy rolstoel oor dolbesige keisteenstrate te woerts-warts terwyl die karre om hom toet asof dit Nuwejaar is en sy oppassers met vertikale hare agter hom aanhol.

Verkeersreëls? ‘Obviously only for the lame and the lazy.’”

In die begin was sy so bewerig dat sy toe sy eenmaal Hawking se ritssluiter in die badkamer moes optrek per ongeluk “sy privaatjie vasge‘zip’ het”.

“Kon nie mooi verstaan wat’s hy tog so halsstarrig om stil te sit nie, tot ek afkyk met ’n: ‘O bother! How horrid! Would the world ever forgive me for messing with these genes?’”

Maar Hawking se “thumbs up” en beleefde laggie onthou sy.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

CC 2.0 TDi Highline Dsl DSG
2011
R 306,874.00

TOYOTA

Avanza 1.3 SX MPV
2011
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.