‘Hei! Wat maak julle met Oom Koos

2012-02-21 22:46

Die polisie se soektog eergisteraand na ’n “lyk” op ’n hoewe in die weste van Pretoria het ’n hele konsternasie afgegee.

Want die “lyk”, waarna hulle ná ’n misdaadwenk gesoek het, was Oom Koos.

En Oom Koos is toe al die tyd ’n pop – ’n pop wat die Wiltz-gesin van die woonbuurt Andeon soms in die tuin en soms in ’n motor laat sit om misdadigers af te skrik.

“Oom Koos lyk genuine, veral in die donker,” sê mnr. André Wiltz.

Volgens hom word Oom Koos se “dienste” al maande lank gebruik omdat daar in die drie jaar wat hulle in dié huis in Kennethstraat woon, baie ingebreek is.

Hul varke is ook al gesteel of hul grensdrade geknip.

Sedert Oom Koos met sy mombakkies, kakiebaadjie en groen broek die erf oppas, bly misdadigers weg, se hy.

Eergisteraand omstreeks 20:20 het mnr. Marco van der Merwe, ’n familievriend, grappenderwys vir Oom Koos gesê: “Vanaand moet jy die plek dophou.”

Tot groot vermaak van Wiltz se kleinseun, Jaydon (5), het Van der Merwe Oom Koos gegryp en met hom op die grasperk “gestoei”.

Van der Merwe en mnr. Jaco van Dalen, ’n ander vriend, het met Oom Koos uit die erf gehardloop en in die veld oorkant die pad met hom “gestoei”.

“’n Fietsryer en ander motoriste het stilgehou en gevra wat maak ons. Ons het die pop vir hulle gewys waarna hulle gelag en verder gery het,” het Van der Merwe gesê.

“Toe ry ’n taxi verby, draai om en hou by ons stil. Die taxibestuurder het gevra wat maak ons. Ons het hom die pop gewys. Toe ry hy,” het Van der Merwe gesê.

Sowat 15 minute later het ’n groot groep mense vanuit ’n nabygeleë plakkerskamp aangestap gekom.

Volgens Wiltz het hulle die “lyk van die man wat doodgeslaan is”, gesoek.

Hy het probeer verduidelik dit is ’n pop en Oom Koos vir hulle gewys.

Die volgende oomblik het die taxibestuurder en die een polisievoertuig ná die ander voor die huis stilgehou, het hy gesê.

Terwyl die plakkers aan Wiltz se heining geruk het, het die polisie die veld “vir bloed” en Wiltz se erf twee keer vir die “lyk” deursoek.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ’n klag ontvang dat iemand aangerand word. Moord is vermoed.

Lede van die polisie se taktiese-reaksie-eenheid, die K9-eenheid, Hercules-polisiekantoor en die Tshwane-metropolisie is na die toneel ontbied.

Hulle het vier uur lank vergeefs gesoek.

Wiltz sê hy het besluit om Oom Koos voortaan tot die stoep te beperk.

“Ek sal hom nie weer in die erf sit nie, want dit het ’n helse affêre afgegee.”


Oom Koos (in die middel) sit gister saam met mnr. Marco van der Merwe en Jaydon Wiltz (5) aan die tafel op die stoep waartoe hy nou beperk is. Die polisie het ure lank na ’n “lyk” gesoek nadat Van der Merwe met Oom Koos op ’n kleinhoewe “gestoei” het en deur verbygangers raakgesien is. Foto: Craig Nieuwenhuizen

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.