‘Helfte van my is dood’

2010-04-12 00:22

Me. Yolandie Pienaar (36) van Kwaggasrand in Pretoria-Wes vertel hoe haar broer, Willie (24), koelbloedig doodgeskiet is. Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

'n Man van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is eergistermiddag deur drie rowers in sy motor oorval, in die kop geskiet en toe uit die voertuig gegooi.

Die moordenaars het daarna mnr. Willie Pienaar (24) se lyk deurgesoek en sy motorsleutel, selfoon en beursie gesteel.

Die voorval het omstreeks 17:00 reg voor die Kwaggasrand-winkelsentrum plaasgevind nadat Pienaar geld by ’n Absa-kitsbank getrek het. Hy is toe by die winkel in om ’n 2?liter-koeldrank en broodrolletjies te koop.

Me. Yolandie Pienaar (36), Pienaar se suster, het gister huilend vertel dat haar broer pas in sy motor geklim het, toe “een hom om die nek gegryp en in die kop geskiet het”.

“Ek dink nie eens hy het besef wat aangaan nie. Hy het nie kans gehad om homself te verdedig nie. Hulle het daarna sy lyk uit die voertuig gegooi, hom deurgesoek en beroof.”

Sy het vertel dat die moordenaars moontlik van plan was om in haar broer se voertuig weg te jaag, maar dat lede van die gemeenskap op hulle afgestorm het toe hulle gesien het wat gebeur het.

Mev. Ellen Tefu, ’n inwoner van die Cedar Court-woonstelle, het gesê die verdagtes het in twee verskillende rigtings gehardloop met lede van die gemeenskap agterna.

“Twee verdagtes het in ’n taxi geklim waarna mense vir die taxibestuurder geskreeu het die mans het iemand doodgeskiet.

“Die taxibestuurder het dadelik gestop en die verdagtes uit die taxi gegooi waarna die gemeenskap op hulle toegesak het,” het Tefu gesê.

Volgens haar is die derde verdagte in die park agter die winkelsentrum aangekeer.

Die verdagtes is glo aangerand en een het aan sy wonde beswyk.

Tefu het intussen Pienaar se sleutel opgetel, sy voertuig gesluit en emosionele bystand aan sy ma en suster verleen toe hulle op die moordtoneel aangekom het. Sy het ook later die aand saam met die familie gaan bid.

Mnr. Roelof Otto (59), mnr. Pienaar se oom, het gesê Tefu was uitstekend met sy familie.

“Mense van alle rasse en kleure is almal moeg vir misdaad.”

Me. Pienaar het gesê haar broer was die afgelope twee jaar ’n rekenaar-programmeerder by die departement van justisie. “Voor dit het hy twee jaar in Londen gewoon en gewerk. Hy was op sy gelukkigste daar, want hy het veilig gevoel.

“Die Here het die keer een van sy heel mooiste blomme gepluk.

“Dit is asof die helfte van my dood is, want ek het my ma gehelp om hom groot te maak,” het sy huilend vertel.

Volgens Otto is Pienaar se hand ’n maand gelede in die Pretoriase middestad deur ’n rower met ’n mes stukkend gesny toe dié hom van sy selfoon probeer beroof het.

Insp. Daniël Mavimbela, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê ’n 30-jarige verdagte is dood en die ander twee verdagtes, 27 en 28 jaar oud, is in ’n ernstige toestand onder polisiebewaking in die hospitaal.

“Die polisie het ook beslag gelê op ’n vuurwapen en ammunisie,” het Mavimbela gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
70 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.