Henning-moord: ‘Gouws kan vlug’

2012-02-07 22:27

As mnr. André Gouws wel ’n vlugrisiko is, waarom het hy kort ná die moord op me. ­Chanélle Henning nie soos sy medebeskuldigdes probeer vlug nie?

Daarby is dit “baie vreemd” dat ’n mnr. Shalom Khan – ook bekend as “Sly” – Gouws by die Henning-moord betrek terwyl Khan self deur twee mense wat reeds weens die moord gevonnis is, direk by die moord betrek word.

“Tog is mnr. Khan nié ’n beskuldigde nie, maar ’n staatsgetuie,” het me. Anel Jacobs, Gouws se prokureur, gister in die Pretoriase streekhof dit aan die ondersoekbeampte gestel.

Kapt. Peet van der Spuy, wat Gouws se borgtogaansoek teenstaan, het geantwoord dat “Sly” “nóg nie” ’n medebeskuldigde is nie hangende ’n ondersoek.

Op Jacobs se vraag oor hoekom Gouws nie gevlug het ná die moord nie, het Van der Spuy gesê hy het dalk nie geweet hy word gesoek nie.

Gouws, ’n oudpolisieman, en mnr. Ambrose Monye word aangekla van sameswering om me. Henning te vermoor, moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.
Willem Martinus Pieterse en Gerhardus du Plessis is vroeër ingevolge ’n pleitooreenkoms tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Jacobs het gesê die ondersoekbeampte noem Gouws ’n vlugrisiko omdat hy nie geld het nie en sake teen hom hangend is.

Sy het gevra hoe Gouws dan sou vlug as hy nie geld het nie.

Albei sy paspoorte – Gouws het ook Amerikaanse burgerskap – is ingedien en hy het geen sakebelange meer of familie in die buiteland nie.

Van der Spuy het gesê hy kan steeds oor die grens vlug en in ’n ander land ’n Amerikaanse paspoort bekom.

Jacobs het aangevoer dat die saak teen Gouws swaar op die verklarings van Du Plessis en Gouws steun.

“Hoewel hulle nie saam was toe hul verklarings geneem is en die pleitooreenkomste aangegaan is nie, is die twee saam aangehou en na en van die hof vervoer. Daar was meer as genoeg tyd om hul saak en verklarings te bespreek.”

Van der Spuy kon nie dié moontlikheid uitsluit nie, maar het gesê daar was weersprekings en dat hulle die gebeure vertel het soos hulle dit onthou.

Jacobs het voorts gesê ­Monye het vir Gouws uitsmyters en wagte vir sy kroeg voorsien en dat die R10 000 wat in Monye se rekening betaal is, vir ’n ring was wat Gouws gekoop het.

Die ondersoekbeampte het geantwoord: “Volgens Monye was dit om Gouws aan Du Plessis en Pieterse voor te stel.”

Jacobs het daarop gesê: “Ek het gehoor Monye is aangerand en gedwing om daardie verklaring te onderteken.”

Sy het gesê me. Estelle Hepburn, Gouws se lewensmaat, het nog die sertifikaat vir die ring.

Die verrigtinge is uitgestel.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.