Herrie oor NG moderator se evolusie-mening

2010-07-26 22:50

Prof. Piet Strauss

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Herrie het losgebars om die kop van prof. Piet Strauss, moderator van die NG Kerk, na aanleiding van ’n standpunt wat hy oor evolusie ingeneem het.

Dr. Jurie van den Heever, paleontoloog van die Universiteit van Stellenbosch, het selfs woorde soos “dom” en “belaglik” gebruik in sy reaksie op Strauss se standpunt.

Hy’t ook gesê dis miskien gevaarlik om so iemand as moderator te hê van ’n kerk wat baie hoog oor die waarheid opgee.

Dit het begin toe die teologies konserwatiewe glanstydskrif Juig by Strauss wou weet wat die NG Kerk se amptelike standpunt oor evolusie is.

“Word die Bybel nog onvoorwaardelik as die Woord van God aanvaar?” wou Juig weet.

Strauss het onder meer gesê hy glo in die Bybelse skeppingsleer met God-Drie-enig as Skepper van die hemel en aarde.

Hy dink daar kan binne die soorte van plant, dier en mens evolusionêre verandering plaasvind.

“Daar is egter geen bewese sprake van ‘spontane’ oorgange tussen die soorte soos konsekwente evolusioniste beweer nie.”

Strauss het aangevoer dat dooie fossiele dit nie kan bewys nie.

Hy het konsekwente evolusie bestempel as “’n (by-)geloof met bewerings wat nie behoorlik gestaaf kan word nie”.

Sy voorouers was nie ape nie, het hy gesê.

Mnr. Jean Oosthuizen van Kletskerk het Strauss se antwoorde aan Van den Heever gestuur en dié se hele antwoord op Kletskerk geplaas.

Daarin het Van den Heever onder meer gesê dis gewoon dom om van spontane oorgange tussen spesies te praat, want die oorgange is nie spontaan nie.

Oorsaak en gevolg is aan die orde van die dag.

Om te sê fossiele kan evolusie nie bewys nie, is volgens Van den Heever om in die induktiewe wetenskaplike metodes van die 17de eeu vasgevang te wees.

“Om al die empiriese bewyse te ignoreer en evolusie as bygeloof te bestempel, toon duidelik dat Piet Strauss óf nie lees nie óf geen kritiese oordeelsvermoë het wanneer dit by voor die handliggende feite kom nie.”

Strauss se stelling dat sy voorouers nie ape was nie, is volgens hom doodgewoon belaglik.

“Wetenskaplikes het al by herhaling daarop gewys dat ons nie van ape afstam nie, maar dat ons en die ape minder as 10 miljoen jaar gelede ’n gemeenskaplike voorvader gehad het.”

Van den Heever meen enigeen wat vandag nog uitsprake soos Strauss s’n oor evolusie maak, verstaan geen snars daarvan nie.

Strauss het by navraag gesê Van den Heever het hom verkeerd verstaan waar hy oor soorte praat.

Hy verwys nie na spesies nie, maar na soorte soos plant, dier en mens. Stof verander nie vandag in plante nie en diere word nie mense nie.

Hy wou nie op Van den Heever se persoonlike opmerkings reageer nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
98 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.