‘Hoekom is ouers se gesigte nie op so ’n foto as grap?’

2010-07-29 22:31

Dr. Louis Dey, gewese adjunkhoof van die Hoërskool Waterkloof.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hoekom het drie oudleerlinge van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria dan nie hul eie ouers se gesigte op ’n gemanipuleerde foto met sterk seksuele ondertone gesit as dit vir hulle net ’n onskuldige grap was nie?

So vra dr. Louis Dey, gewese adjunkhoof van die skool, in skriftelike betooghoofde wat gister by hoofregter Sandile Ngcobo ingedien is.

Die betooghoofde is ingedien in die geding waarin die drie oudleerlinge vra om appèl aan te teken teen bevindings van die hooggeregshof in Pretoria en die appèlhof dat hulle Dey belaster het.

Die konstitusionele hof sal aanstaande maand mondelinge betoog daaroor aanhoor.

Sowel die hooggeregshof as die appèlhof het skadevergoeding van R45 000 aan Dey toegestaan, maar die appèlhof het ’n baie swaarder regskostebevel teen die seuns gemaak as die hooggeregshof.

Op die foto is die gesigte van Dey en die gewese hoof van die skool, dr. Christo Bekker, op die lywe van twee naakte, gay liggaamsbouers gemanipuleer.

Die oudleerlinge hou vol die hele debakel was net ’n “grap”, dat hulle nie eens geweet het wat laster is nie en dat hulle aanvanklik gedink het hulle word daarvan beskuldig dat hulle God gevloek het.

Die oudleerlinge is Hendrick le Roux (19, destyds 15) en Burgert Gildenhuys en Reinardt van Rensburg (tans 21, destyds 17).

Luidens Dey se stukke het die appèlhof tereg gesê: “’n Grap ten koste van iemand anders kan maklik op laster neerkom.”

As die drie seuns so naïef en onkundig oor hul bedoelings met die foto was soos hulle nou sê, sou dit mos geen saak gemaak het as hulle ’n soortgelyke foto met hul ouers se gesigte op by die ouers se werkplek versprei het nie, voer hy aan.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.