Hoeweloseerders kom op 2 se lyke af

2009-11-26 01:56

Hulle het sy geliefde broer (65) “soos ’n hond” met ’n draad om sy nek aan ’n sleepwa vasgemaak.

Dit is hier, op ’n kleinhoewe by Boschkop, oos van Pretoria, waar die lyke van mnr. Martin “Tienie” Jacobs en sy tuinier, toegepak onder bokse en kussings, gisteroggend sowat 12 tot 18 uur ná hul dood gevind is.

Jacobs en sy tuinier, wie se identiteit en ouderdom nog nie bepaal kon word nie, is albei vermoedelik verwurg.

“Ek kan nie glo dat hulle ’n ou man soos ’n hond moet vasmaak nie,” het mnr. William Thomas Wiggill (60) gister gesê nadat hy sy broer se lyk gesien het.

“Dit is lelik. Dit is verskriklik lelik.

“Hulle gaan uit om ons uit te moor.”

Wiggill, sy vrou, Winnie (58), en dogter, me. Letitia Coetzer (36), het gisteroggend van Cullinan deurgejaag toe hulle die tyding gekry het.

Insp. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê mense wat op dié kleinhoewe, waar Jacobs opsigter was, geloseer het kon hom sedert eergistermiddag omstreeks 16:30 nie in die hande kry nie.

Gisteroggend het sy motor, nes die vorige aand, steeds buite die erf gestaan in plaas van binne die erf.

Die loseerders het begin om hom te soek, onder meer by sy geliefde voëlhok.

Hulle het op sy lyk en dié van die tuinier, wat sowat ’n jaar lank al vir Jacobs werk, afgekom in die motorafdak langs die voëlhok.

Jacobs het agter ’n Chevrolet-motor gelê. Sy hande en voete was vasgebind en sy nek met ’n stuk draad aan ’n sleepwa vasgebind. Sy horlosie was nog aan sy arm en sy skoene het ’n entjie van sy lyk gestaan.

Die tuinier se lyk, wat langs Jacobs gelê het, was met bokse en kussings toegepak. Sy hande en voete was ook met draad vasgebind.

Mev. Wiggill het gesê haar swaer was maer en tingerig en sou nie kon terugbaklei as hy deur misdadigers oorval is nie.

Volgens haar kon Jacobs net sy een arm ten volle gebruik omdat die ander arm vroeër skeef aangegroei het nadat dit gebreek is.

“As hulle honger was, sou hy vir hulle kos gegee het. Dis die soort mens wat hy was,” het mev. Wiggill gesê.

“As hulle niks teen hom gehad het nie, sou hulle hom mos nie so van kant gemaak het nie?

“Waarom op dié manier?

“Hy was ’n lieflike ou mannetjie. Ek gaan hom mis,” het mev. Wiggill gesê.

Dit is nog nie duidelik of enigiets geroof is nie.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.