Hof hoor hoe rower jong pa doodskiet

2011-05-12 11:17

Nadat ’n rower mnr. Hein de Jager (28) in ’n winkel in Pretoria geskiet het, het ’n klant langs hom gaan sit waar hy op die vloer gelê het en hardop vir hom gebid.

Dié getuienis is gister in die hooggeregshof in Pretoria in vyf mans se verhoor gelewer.

Mnre. Enoch Masipa, Bonginkosi Modawe, Johannes Sebyeng, Lolo Langa en Godfrey Mogashoa het skuld ontken op verskeie aanklagte.

Hulle het die Dreyers Moot-boumateriaalwinkel in Akasia na bewering op 13 Maart 2008 beroof en De Jager doodgeskiet.

De Jager was getroud, die pa van ’n babaseun en ’n vennoot in die onderneming.

Die staat beweer ’n beskuldigde is dieselfde dag gearresteer toe hy in besit was van die motor wat in die rooftog gebruik is, asook van geroofde goed. Hy het die ander beskuldigdes uitgewys.

Mev. Hester Potgieter, kassier by Dreyers, het getuig terwyl sy ’n klant, mev. Riana Badenhorst, die middag van 13 Maart gehelp het, het sy iemand na De Jager sien stap.

’n Stem het gesê “ons wil jul geld hê” en ’n skoot het geklap. ’n Man met ’n rokende vuurwapen het by De Jager gestaan.

Nog ’n gewapende man het haar beveel om die geldlaai oop te maak. Hy het geld daaruit gehaal en in haar handsak gesit.

Die man wat geskiet het, “het presies geweet waar die kluis is” en haar “die regte sleutel gegee” om dit oop te sluit.

Die drie rowers het haar in ’n hoek gestamp, geld uit die kluis gehaal, dit in haar handsak gesit en gevlug.

De Jager het op sy sy in sy kantoor gelê. Toe die polisie en paramedici opdaag, was hy dood.

Potgieter het haar handsak met haar besittings daarin later by die polisie teruggekry.

Sy sal die rowers nie kan herken nie, het Potgieter getuig.

Badenhorst het getuig sy het tydens die rooftog geskuil en die polisie gebel.

Nadat die rowers weg is, het sy by De Jager gaan sit en hardop gebid.

Musse was laag oor die rowers se koppe getrek, het sy getuig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.