Hof raps regering oor tale se stand

2010-03-16 23:30

Die regering is in ’n waterskeidingsuitspraak deur ’n hof beveel om binne twee jaar sy grondwetlike plig na te kom en sy eie gebruik van amptelike tale te reël en te monitor.

Regter Ben du Plessis het in die hooggeregshof in Pretoria verklaar dat die nasionale regering nalaat om kragtens art. 6(4) van die Grondwet deur wetgewende en ander maatreëls sy gebruik van amptelike tale te reël en te monitor.

Volgens die vakbond Solidariteit is dit “die grootste oorwinning vir Suid-Afrika se tale sedert 1994”. Mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof, het gesê dit is ’n groot stap in die rigting van groter beskerming vir al die amptelike tale van die land.

Die uitspraak kom in ’n hofaansoek wat mnr. Cerneels Lourens, ’n prokureur van Brits, teen die regering ingedien het.

Lourens het die hof gevra om drie bevele uit te reik: dat die president en ministers van kuns en kultuur en van justisie binne 12 maande of ’n tydperk wat die hof gelas ’n nasionale taalwet finaliseer en promulgeer; dat die president ’n taaloudit van die nasionale staatsdepartemente gelas en dat die parlement gelas word om teen geen amptelike taal te diskrimineer nie, maar almal gelyk te behandel deur die getekende eksemplaar van elke wet in al die amptelike tale te vertaal.

Hoewel hy nie dié drie bevele kon kry nie, het hy gesê hy is “heel gelukkig” met die bevel wat wel gemaak is.

Hy het gesê dit is ’n skande dat bevind is die regering versuim om ’n grondwetlike plig na te kom en as dit die geval in Europa was, sou ’n regering daar bedank het.

Die regter het gesê hoewel wetgewende maatreëls een metode is wat die regering moet aanwend om sy gebruik van amptelike tale te monitor is die aanneem van ’n nasionale taalwet nie ’n grondwetlike vereiste nie.

Die regering het aanvanklik met taamlike ywer daaraan gewerk om sy verpligting kragtens art. 6(4) na te kom. Sedert 2007 is dié proses nie veel verder gevoer nie.

“Die nasionale regering het tans geen gekoördineerde taalbeleid wat sy gebruik van die amptelike tale reël en monitor nie,” het die regter gesê.
Dié proses moet hervat word, maar die hof kan nie voorskryf hóé nie.

Du Plessis het die minister van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie gelas om die grondwetlike plig binne twee jaar na te kom of toe te sien dat dit nagekom word. Dié minister moet Lourens se regskoste betaal.

Adv. Quintus Pelser SC, namens Lourens, het vroeër aangevoer Lourens het in 2008 ’n brief in Afrikaans aan dié minister geskryf.
Hy is in Engels geantwoord.
Sy hofaansoek is in Afrikaans, maar die staat se beantwoordende verklaring is in Engels.

Die Grondwet onderstreep die burger se reg om in sy eie taal deur die staat bedien te word, het Pelser gesê, maar die staat ontsê Lourens dié reg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.