Hof weier Jurie Els se ontslag

2009-11-25 02:36
Klay kom gister by die hof aan

Klay kom gister by die hof aan

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jurie Els kan vanoggend moontlik sy kant van die saak in die hooggeregshof in Pretoria stel nadat sy aansoek om ontslag gister geweier is.

Waarnemende regter Chris Eksteen het gesê hy glo dit kom as ’n verrassing of ’n skok vir die verdediging, maar onder meer in ag genome die getuienis wat deur die staat aangebied is, moet die hof ontslag weier. Hy het gesê hy maak dié bevinding “sonder meer”.

Hy is nie verplig om in dié stadium redes vir sy bevinding te gee nie, het die regter gesê. Hy het die verhoor tot vandag uitgestel om Els kans te gee om sy regsposisie te oorweeg.

Die vriendelike Els het oudergewoonte geglimlag toe die hof daarna verdaag het.

Els word daarvan beskuldig dat hy die sanger Robbie Klay (23) onsedelik aangerand het toe dié tussen 11 en 16 jaar oud was.

Adv. Corli Bouwer, staatsaanklaer, het gister toegegee die staat kon nie die eerste aanklag van onsedelike aanranding bewys nie.

In dié aanklag is beweer Els het Klay gemolesteer toe hy jonger as 12 was.

Adv. Danie Dorfling, namens Els, het gesê die verhoor het ’n “klomp publisiteit” meegebring en tot gevolg gehad dat “mense meegesleur en meegevoer” is.

Volgens Dorfling kan die hof hom nie langs dié stroom laat meesleur nie.

Eksteen het daarop gevra: “Het u rede om te vermoed dat die hof hom laat lei deur koerantberigte en Huisgenoot?”

Dorfling het gesê “daar word sekere verwagtinge en persepsies in die openbare oog geskep” en die regter het ’n grondwetlike plig om Els ’n billike verhoor te gee.

As daar nie redelike vooruitsigte is dat Els moontlik skuldig bevind kan word nie, moet die hofverrigtinge nou reeds deur ontslag gestop word.

Bouwer het betoog die staat volstaan met die tweede aanklag van onsedelike aanranding (dat Klay glo tussen die ouderdom van 12 en 16 jaar gemolesteer is) en die derde aanklag – een van die uitlokking van Klay om seksdade te pleeg toe hy nog nie 16 was nie.

Die verdediging het aangevoer daar kan moontlike motiewe wees hoekom Klay vals aanklagte teen Els sou indien, soos dat Huisgenoot hom R10000 betaal het vir ’n onderhoud oor die bewerings teen Els; dat Klay wou hê “ietsie” moes op romantiese vlak tussen sy ma, me. Jenny Liebenberg, en Els gebeur; en dat Klay weens moontlike afguns op Els daartoe gedryf is.

Die verdediging het ook aangevoer die feit dat Els getrou het (met Hestrie Cloete) en ’n ander persoon dus die ruimte in Els se lewe gevul het, is nog ’n faktor wat Klay “goed moontlik” sou kon motiveer om Els valslik te inkrimineer.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.