Honderde daag op by boer se roudiens

2010-05-21 22:14

Dr. Frikkie Labuschagne, wat mnr. Johan Strydom, die vermoorde boer van Parys, se begrafnisdiens behartig het, vee die trane weg terwyl mev. Susan Lombard afskeid neem van haar enigste broer. Mev. Lombard word deur haar man, James, ondersteun. Foto:

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Parys. – Honderde mense het gistermiddag opgedaag vir die begrafnis van die boer van dié omgewing wat verlede Saterdag by sy plaashek in die Buffelshoek-omgewing hier doodgeslaan en daarna met sy eie bakkie aan ’n tou gesleep is.

Mnr. Johan Strydom (40), wat skaars ses weke ná sy 40ste verjaardag grusaam vermoor is, is gister uit die Nederduits Hervormde kerk op dié dorp begrawe.

Soveel mense het vir die roudiens opgedaag dat nóg stoele die kerk ingedra moes word.

Kort voor 14:00 gister het vriende en familie wat steeds nie ’n sitplek kon kry nie by die kerk se deure en in die voorportaal na dr. Frikkie Labuschagne, leraar, se begrafnisrede geluister.

“Ek weet nie waar om te begin nie. Hoe praat ’n mens oor seer, rou, spanning, verlies, verlange, aggressie? Hoe pen ’n mens dit neer? Hoe formuleer ons sin en konteks uit Johan se skielike, grusame dood? Sy dood herinner ons dat die lewe kortstondig en tydig is,’’ het Labuschagne, wat ook ’n vriend van Strydom was, gesê.

Rou snikke het by tye in die kerk opgeklink en Labuschagne moes self soms teen die trane veg. Hy het na Strydom as “?’n vriend van die gemeenskap” verwys.

“Johan het ons geleer om die lewe te vier. Hy het met unieke en tasbare liefde geleef. Dit lyk nou of die dood die lewe oorwin, maar dis nie waar nie. Die dood is die begin van die heiligste ontmoeting met Jesus Christus,’’ het Labuschagne gesê.

Strydom is deur sy twee swaers, twee susterskinders en twee vriende na sy graf gedra.

Sy kis was met onder meer heldergeel sonneblomme en sterlitzias versier.

Sy twee susters, mevv. Sarie Brits en Susan Lombard het hard-op gesnik terwyl hul enigste broer se kis afgesak het.

Begrafnisgangers het huilend, in lang toue, hul beurt afgewag om roosblare op sy kis te strooi.

Familie en vriende het daarna die graf toegegooi.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.