Hondeslagter gaan vir evaluering

2012-01-23 22:32

Mnr. Christiaan Lamprecht word gisteroggend voor sy verskyning in die landdroshof in Pretoria-Noord deur polisielede na ’n distriksgeneesheer geneem om evalueer te word. Foto: Liza van Deventer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die man wat glo twee honde doodgemaak en afgeslag het, moet vir psigiatriese behandeling gaan.

Mnr. Christiaan Lamprecht (22) sal vir nog ’n maand in hegtenis bly sodat hy in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal geëvalueer kan word.

Lamprecht het gister vlugtig in die distrikshof in Pretoria-Noord op aanklagte van wreedheid teenoor diere en opsetlike saakbeskadiging verskyn.

Net voor sy verskyning is Lamprecht na ’n distriksgeneesheer geneem.

Luidens die distriksgeneesheer se verslag verstaan Lamprecht die aanklagte teen hom en kon hy ’n beskrywing van die beweerde misdaad gee.
Wat dié beskrywing is, is nie in die hof genoem nie.

Die verslag lui verder dat Lamprecht ’n verhoor sal kan volg.

“Omrede die aanklag herhaal is, beveel ek aan dat hy (Lamprecht) vir psigiatriese behandeling gaan,” lui die verslag.

Lamprecht is verlede naweek gearresteer nadat karkasse van twee honde in sy kas, onder sy bed, in sy vrieskas en in ’n buite-vullisblik van sy tuinwoonstel in Wesstraat in Pretoria-Noord gevind is.

’n Klag van wreedheid teenoor diere is sowat twee jaar gelede teen Lamprecht teruggetrek nadat hy ’n afwentelingsprogram voltooi het.

Dít het gebeur nadat hy sy bure se worshond verwurg het.

Deel van Lamprecht se afwentelingsprogram was om 56 uur se gemeenskapsdiens in die Nasionale Dieretuin in Pretoria te verrig. Wanneer iemand ’n geskikte kandidaat vir ’n afwentelingsprogram is, aanvaar hy aanspreeklikheid vir sy misdryf en moet hy verskeie kursusse bywoon. As die program suksesvol voltooi word, word die strafregtelike aanklag teruggetrek.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.