Hondjie in sy hok met klapper gedood

2010-01-09 00:52
Hond Deur klapper gedood

Hond Deur klapper gedood

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Swart miniatuur-dobermann is blykbaar met klappers in sy hok opgeblaas.

Werkers van die Heidelbergse Dierebeskermingsvereniging (DBV) aan die Oos-Rand het eergister op die oorblyfsels van die hondjie binne-in ’n geel hok met ’n rooi dak in ’n oop stuk veld afgekom.

“Sy gesiggie was erg gebrand. Ek was in ’n toestand hieroor. Die DBV is bereid om ’n beloning van R1 000 te betaal aan die persoon wat die skuldige kan uitwys,” het ’n steeds geskokte me. Ans Botha, bestuurder van die Heidelberg-DBV, gister gesê.

Volgens haar was die hok in ’n veld agter die DBV waar mense gewoonlik met hul kwadfietse ry.

“ ’n Kind wat met sy kwadfiets daar gery en op die aaklige vonds afgekom het, was so wit soos ’n laken toe hy ons kom vertel het.

“Ons het ’n klag van dieremishandeling by die polisie ingedien. Sodra ’n verdagte geïdentifiseer word, sál die persoon vervolg word,” het Botha gesê.

Sy het haar steun gegee aan ’n Facebook-groep teen klappers wat vandeesweek gestig is.

Die ledetal van die BAN Fireworks in South Africa!-groep, wat deur ’n Pretoriase prokureur gestig is, het nog elke dag met meer as 1 000 gegroei.

Mnr. Coenie Kukkuk, die prokureur, het gisteroggend laat weet die ledetal het toe op 4 435 gestaan en bly styg.

Die Facebook-groep beywer hom vir die verbied van of baie strenger beheer oor die gebruik van plofstof en vuurwerk in Suid-Afrika.

“Ons sal behoorlike regsnavorsing doen om die beste maniere te vind om die grondwetlike regte van diere-eienaars en die reg tot ’n veilige omgewing af te dwing,” het Kukkuk gesê.

  • Bel die Heidelberg-DBV by 016 341 3998 met inligting.


- Beeld

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,950.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.