Hondjie sien hoe sy baas gesteek word

2010-05-11 22:45

Botha (57) met sy dwergkees, Louis. Louis het by Botha se lyk gewaak en wou nie eens die polisie naby hom toelaat nie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die dwergkees (toypom)-hondjie van mnr. Robert Botha (57), wat op sy kleinhoewe in Kameeldrift-Wes by Pretoria vermoor is, het eergister op sy bors gaan sit en by sy lyk gewaak totdat die polisie opgedaag het.

Die hondjie, Louis, het vermoedelik gesien hoe Botha se aanvallers hom vyf keer in die hart gesteek het, maar kon niks doen nie.

Botha is ook in die gesig gesteek en daar is verskeie snymerke aan sy arms, vermoedelik soos hy die aanvalle probeer afweer het.

Botha is in sy huis deur drie gewapende rowers aangeval. Louis was gister nog baie bewerig en het nie eens geblaf nie.

Mnr. Eddie Horn (40), Botha se kleinneef, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 plaasgevind.

“Ek vermoed Robert het die drie sien aankom en het na sy kamer gehardloop waar hy sy kluis oopgemaak het om sy .22-geweer uit te haal.

“Hulle (die rowers) was vermoedelik te vinnig vir hom en het hom in die kamer oorval net nadat hy die kluis oopgemaak het. Hulle het hom daar oorrompel en in die kamer naby sy bed gesteek,” het Horn gesê.

Volgens Horn vertel Botha se bloedspoor die verhaal van hoe hy van sy aanvallers probeer vlug en plek gesoek het waar hy kon wegkruip.

“Robert het uit sy kamer gestrompel na ’n werkwinkel langs sy kamer.

“As ’n mens na die bloedspoor kyk, sien jy hoe hy na die werkplek gehardloop het. Daar het hy gestruikel en is so onder sy skoene uit,” het Horn gesê.

Volgens hom het Botha toe om die hoek na ’n afdak langs die werkplek gestrompel waar hy op ’n ou matras tussen rommel en blare en takke probeer wegkruip het.

“Dit is hier waar die hond op sy bors gaan sit het. Robert was baie lief vir die hond, want hy het dit van ons oorlede ouma (mev. Louisa Botha)
geërf.”

Mev. Botha is op 24 Desember verlede jaar oorlede.

Horn het gesê ’n ander man wat saam met Botha die huis deel, het tien minute later op sy lyk afgekom en die polisie ontbied.

“Die polisie was gou op die toneel, maar kon nie die hond van Robert afkry nie. My suster, Annetjie Enslin (33), moes toe kom om die hond weg te neem.”

Horn sien tans na die hond om.

Die polisie het tydens dié ondersoek ook ’n plas bloed wes van die kleinhoewe se heining ontdek en vermoed dat Botha een van sy aanvallers beseer het.

Me. Hettie Jordaan van die landelike beveiligingsektor het gesê hulle vermoed dit is dieselfde twee aanvallers wat mnr. Jan du Toit (80) twee weke gelede in sy bed geskiet het.

Volgens Jordaan teister dié aanvallers die Kameeldrift-gemeenskap die afgelope sewe jaar.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.