Huis met ma, kinders in aan brand gesteek

2010-04-19 21:58

Aanvallers het die naweek ’n houthuis met ’n vrou en haar kinders daarin op ’n plaas naby Carolina aan die brand gesteek nadat hulle die deur met ’n stuk draad toegebind het.

Toe haar ouers die gesin te hulp snel, is daar op hulle geskiet.

“Hulle was daarop uit om ons te vermoor. Dié het niks met diefstal te doen nie,” het me. Cornelia de Wet (32) van die plaas Kwaggafontein naby Carolina gister gesê.

Sy het Saterdagnag omstreeks 22:00 wakker geword toe sy rook ruik. Sy het gesien die muur en gordyn in haar kamer brand.

Die aanvallers het diesel op die houthuis gegooi en dit toe aan die brand gesteek.

In die slaapkamer het sy ’n brandende CD gekry.

De Wet het vergeefs probeer om twee van haar kinders, Cornelia (11) en Joey (2), wat by haar op die dubbelbed geslaap het, wakker te maak.

“Die rook het hulle blykbaar bewusteloos gemaak.”

Sy het die vlamme aan die gordyn geblus en probeer om die huisie se deur oop te maak, maar kon dit nie regkry nie omdat dit met ’n stuk draad vasgebind was.

De Wet se ouers, mev. en mnr. Nelie (62) en Jan de Wet (65), woon in ’n plaasopstal sowat 50 m van De Wet jr. se huisie. Haar ander dogter, Sarah (8), het die aand by hulle geslaap.

De Wet jr. het oor ’n tweerigtingradio, wat skaars twee weke gelede geïnstalleer is, hulp by haar ouers probeer kry.

“Toe hulle uit die huis kom, is daar vanuit die donker op hulle losgebrand.”

Die ouerpaar het met ’n haelgeweer en pistool die donker in geskiet om die aanvallers te probeer verjaag.

De Wet jr. het gesê daar is ook op haar geskiet toe sy deur die kombuisvenster geleun het om die stuk draad om die deur se slot los te woel.

Die skietery het volgens haar byna twee uur lank geduur.

Pogings om die polisie in Carolina, sowat 12km van die plaas, in die hande te kry was aanvanklik vrugteloos omdat hulle nie die telefoon geantwoord het nie.

Sy het toe haar broer, mnr. Jan de Wet jr., wat naby Belfast boer, gebel.

Hy het na die plaas gejaag. “Toe ek daar aankom, het die skote steeds geklap,” het hy gesê. “Ek het aan hulle geskree ek gaan hulle vrekskiet!”

Hy het ook in die rigting van die aanvallers begin skiet. Die skietery het toe bedaar.

Mnr. De Wet jr. raam daar was tussen tien en 15 aanvallers.

“Die aanval was fyn beplan en hulle het voorbereid gekom en met genoeg ammunisie.”

Die polisie het 9mm- en haelgeweerdoppies en enkele patrone naby die huise opgetel.

Een van die koeëls was van ’n vreemde kaliber wat selfs vir die polisie onbekend is.

Die lang gras het die soektog na nog bewysstukke bemoeilik. Mnr. De Wet jr. het gesê voetspore is ook naby die toneel gevind.

Niemand is in die aanval beseer nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
159 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.