'Hulle het hom regtig verniel’

2009-09-11 02:49

’n Pretorianer se enigste kind het op sy lyk afgekom nadat hy vermoedelik met ’n graaf oor die kop geslaan en met ’n mes gesteek is.

“Hulle het hom regtig verniel,” het mev. Anya Swart gister oor haar pa, mnr. Sarel Koekemoer (69), gesê nadat sy hom Dinsdagaand in die badkamer van sy huis in Bultfontein, noord van Pretoria, gekry het.

Drie mans, waarvan een af en toe vir Koekemoer gewerk het, is binne 24 uur ná die moord vasgetrek. Koekemoer se selfoon, vuurwapen en kontant is in hul besit gevind.

Swart (43) het Dinsdagaand begin bekommerd raak toe haar pa nie oudergewoonte by hulle in Onderstepoort kom eet het nie.

Hy het ook nie sy telefoon geantwoord nie.

Sy het na sy kleinhoewe gery. By die kleinhoewe moes sy deur die draad klim omdat die hek gesluit en alles donker was.

Die huis se kombuisdeur en veiligheidshek was toe, maar nie gesluit nie. Swart het haar pa in die badkamer gesien lê.

“Ek het aan hom gevat en gevoel hy is klaar yskoud,” het sy vertel. “Ek het uitgegaan en my man (mnr. Jan Swart), wat by ’n gemeenskapspolisiëringsforum (GPF)-vergadering was, gebel.

“Toe ek teruggaan (in die huis), het ek die lig aangesit. Hy het in ’n verskriklike plas bloed gelê.”

Mnr. Swart het polisielede, wat by die vergadering was, gevra om die Hammanskraal-polisiekantoor te kontak. Die polisie was binne minute op die toneel.

Volgens Swart word vermoed Koekemoer is in die tuin oorval en met ’n graaf geslaan. Die aanvallers het hom toe in die huis geneem waarna hy minstens twee keer met ’n mes gesteek is.

“Die wreedaardigheid van mense is ongelooflik. Dis hartelose mense dié,” het Swart gesê.

“Ek dink heeltyd aan wat hy (Koekemoer) moes deurmaak tot waar hy in ’n plas bloed geëindig het.”

Me. Tarien Cooks van die Hammanskraal-GPF het gesê die brandweer en lede van die gemeenskap het Dinsdagmiddag male sonder tal verby Koekemoer se huis gery omdat hulle besig was om ’n brand daar naby te blus.

“Ondanks soveel beweging het die misdadigers hom steeds vermoor,” het Cooks gesê.

Mnr. Swart het gesê die polisie se vinnige optrede om die verdagtes vas te trek, “gee ’n mens ’n bietjie gemoedsrus”.

Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Koekemoer laat ook twee kleinkinders, Cornélle (13) en Esmiralda (18), agter.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Financial Controller

Durban, South Africa
Touchstone Recruitment (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.