Hulle red, hulle vang en hulle lei

2012-01-29 21:31

Ao. Jan Pretorius Foto: sers. Soutie Pieterse

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vyf uitblinker-polisielede en ’n reservis van Gauteng is Vrydag ter vie­ring van Nasionale Polisiedag deur die vakbond Solidariteit vereer.

Solidariteit ken jaarliks Sterre in die Gemeenskap-toekennings toe aan mense wat volgens hulle ’n besondere bydrae tot die gemeenskap gelewer het.

Een van die vereerdes is ao. Peet du Toit, ’n lid van die Krugersdorpse eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS).

Du Toit het ’n deurslaggewende rol gespeel in die inhegtenisneming van mnr. Jaco Steyn, wat in die Krugersdorp-streekhof teregstaan op sowat 33 misdrywe – onder meer die moord op ­Louise de Waal (16) in Oktober.

Ao. Johan Fourie van die Oos-Randse berede-eenheid het verlede jaar ’n dag in die hospitaal deurgebring nadat hy ’n eenjarige seuntjie van ’n swerm bye gered het.

Die bye het Fourie ook getakel en sy ooglede so gesteek dat hy nie kon sien nie.

Ao. Jan Pretorius, ’n polisiebeampte van Balfour in Mpumalanga, het in Augustus 2010 ’n sesjarige seuntjie uit ’n dam langs die Siyathemba-woonbuurt buite Balfour gered.

Enkele weke later is hy ernstig gewond nadat hy van diens af ’n lid van die publiek te hulp gesnel en ’n bende inbrekers aangevat het.

Hy is vyf keer raak geskiet, maar kon daarin slaag om een van die rowers dood te skiet.

Ao. Jaco Botha van die Hercules-polisiekantoor in Pretoria en sy kollega die reservistekonstabel Gerhard Weyers het in Augustus 2010 roofverdagtes voor ’n meubelwinkel in Hercules op heterdaad betrap.

’n Skietgeveg het uitgebreek en die rowers het weggejaag.

Botha het die vlugtende mikrobus se band pap geskiet.

Twee van die verdagtes is gewond en Botha en Weyers kon al vier verdagtes aankeer en verskeie gesteelde artikels terugkry.

Ao. Peter Smit van Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek het in Maart 2010 opspraak gewek toe hy eiehandig ’n gewelddadige konfrontasie tussen 500 klipgooiende betogers en polisielede by Boipatong in die Vaaldriehoek ontlont en daarna voor die betogers gestap en hul optog gelei het.

Solidariteit het benadruk dat dit belangrik is om polisielede soos dié te beloon en te motiveer sodat jong polisielede hul voorbeeld kan volg en die publiek se vertroue in die polisie kan herstel.

“Dit is juis nié geharde en onsimpatieke polisielede hierdie nie.

“Dit is polisielede wat ’n besondere liefde en passie vir mense en hul gemeenskappe het,” het Du Plessis gesê.


Ao. Peet du Toit Foto: Bongiwe Gumede


Ao. Jaco Botha en reservis Gerhard Weyers Foto: Deaan Vivier


Ao. Johan Fourie Foto: Cornel van Heerden


Ao. Peter Smit Foto: Sonja van Buul


 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.