Huntley se vrou wil aansoek om asiel sien

2009-09-09 00:47

Kaapstad. – Mnr. Brandon Huntley, die Suid-Afrikaner wat verlede week vlugte­lingstatus in Kanada gekry het, het aan die begin van hul verhouding aan sy nou vervreemde vrou gesê tussen 40 en 50 wit mense word daag­liks in Suid-Afrika vermoor.

Mev. Melanie Crete-Huntley, ’n Kanadees wat op 31 Augustus 2007 met Huntley getroud is, het in ’n telefo­niese onderhoud gesê hy het haar aanhoudend bang gepraat.

“Hy het gesê as ’n wit vrou sal ek gekaap, verkrag of aangerand word indien ek Suid-Afrika toe sou gaan.”

Crete-Huntley en Huntley is se­dert Oktober verlede jaar vervreem.

Sy het gesê sy het geweet dat hy om vlugtelingstatus aansoek sou doen, maar het nooit verwag dat hy so “disrespekvol” teenoor sy land sou wees nie.

Volgens haar was hy “sjarmant” toe hulle in 2007 ontmoet het en het sy verskriklik baie van hom gehou.

Crete-Huntley is egter nou brie­send nadat dit bekend geword het dat hy in sy aansoek om asiel gesê het sy vervreemde vrou is nie ’n “aangename mens nie”.

Volgens haar kan sy dié uitlating nie verstaan nie omdat sy hom se­dert hul troue en tot nog onlangs toe onderhou het.

“Ek het twee werke gehad om vir hom ook te kon sorg!” Sy het gesê haar vervreemde man se pa (wat in Suid-Afrika woon) het aan haar gesê sy seun maak die lewe vir hom (sy pa) baie moeilik.

Crete-Huntley gaan nou ’n dringende aansoek by die Kanadese immigrasieraad indien om sy aansoek om asiel te sien.

Sy voer aan dat hy onder inwoners van Ottawa in Kanada nou ’n “held” is en dat mense wat hulle ken, haar nou as ’n “teef” beskryf.

“Ek wil my naam skoon hê en Brandon sal moet sê hoekom hy hier­die goed van my gesê het.”

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Corporate PA to CEO & Financial

Western Cape
Personastaff
R15,000-18,000 Per Month

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...