‘Hy glimlag!’

2012-02-02 21:43

Thomas Ferreira saam met sy ouers, Paul en Priscilla, by die Riverfield Lodge-rehabilitasiesentrum in Fourways. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis baie swaar om Thomas by die rehabilitasiesentrum te los wanneer hy sê hy wil huis toe gaan.

Só het Thomas Ferreira se ma, Priscilla, eergister aan Beeld gesê. “Hy het my vanoggend gebel en gesê: ‘Ma, luister vir my. Ek wil huis toe kom,’” het sy vertel.

Thomas het op 14 Januarie sy eerste woord gesê sedert die motorongeluk op 5 November wat hom weke lank in ’n koma gelaat het.

“Chanelle (Kloppers, sy meisie) het haar selfoon by hom gelos en ons het besluit om dit te toets. Sy het die nommer gebel en ons gevra of ons dink hy gaan antwoord.

“Toe antwoord hy en sê: ‘Hallo.’ Sy’t so groot geskrik sy’t die foon neergesit.

“Sy het gesê: ‘Tannie, Tannie! Hy sê hallo!’ Ons het toe gery om hom te kom sien.”

Thomas begin nou ook emosies wys. “Hy het Sondag ’n week terug begin glimlag en nog nie weer opgehou nie,” het me. Ferreira gesê.

“Hy frons wel ook baie en hy trek sy lip op. Dis ’n nuwe een daai.”

Thomas vorder fisiek goed en het begin gewig aansit, van 49 tot 56 kg.

“Hy eet baie. Sondag het ons hier piekniek gehou, toe wil hy een van daai kasies hê. Toe ek omdraai, het hy twee, drie van hulle gesteel!”

Die Ferreiras het intussen vasgestel Thomas het die drie matriekvakke wat hy voor sy ongeluk geskryf het, deurgekom en hy sal erkenning daarvoor kry. Die vakke is wiskunde, ingenieursgrafika en lewensoriëntering.

Hulle het wel besluit dat hy nie vanjaar die res van sy matriekeksamen sal skryf nie sodat hy op sy herstel kan konsentreer.

Thomas is in die middel van sy eksamen deur die LUR vir plaaslike regering en behuising, mnr. Humphrey Mmemezi, se ampsmotor omgery.

Hy is einde Desember na die Riverfield Lodge-rehabilitasiesentrum in Fourways, waar hy onder meer fisio-, spraak- en arbeidsterapie ondergaan. Hy behoort middel Maart te kan huis toe gaan.

Die gesin en hul regspan onderhandel tans met Mmemezi se kantoor oor die betaling van die mediese koste.

Die polisiedossier oor die ongeluk word waarskynlik vroeg volgende week weer na die Krugersdorp-landdroshof gestuur nadat die direkteur van openbare vervolging (DOV) dit vroeër onder oë gehad het, het mnr. Karl Schuler, die Ferreiras se prokureur, gesê.

Die ondersoekbeampte wag blykbaar nog vir mediese verslae. Die senior staatsaanklaer by die hof sal dan besluit om dit op die rol te plaas of weer na die DOV te stuur.

) Beeld het vandeesweek ’n dag saam met Thomas by die rehabilitasiesentrum deurgebring. Lesers kan môre meer oor dié ervaring lees.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.