Hy hoor eers gille, toe ’n skoot

2010-02-23 01:13

‘Ek het net gehoor hoe skree Brendan: ‘Get off me, get off me’, en toe klap die skoot.”

So het mnr. Garth O’Friel van Alberton gister vertel nadat rowers gister omstreeks 06:00 by sy huis in New Redruth ingebreek en sowel sy 16-jarige seun (Brendan) as sy verloofde in die bors geskiet het.

“Ek het net sy gille uit sy kamer gehoor en toe hoor ek die skoot. Toe ek in die gang afhardloop, het een van hulle (die rowers) op my geskiet, maar dit was mis. Voordat ek die deur van ons slaapkamer weer kon toekry, het een van die skote my verloofde in die bors getref.

“Die rowers het daarna gevlug,” het O’Friel vertel.

Hulle het die noodknoppie gedruk.

Die veiligheidsmaatskappy en die polisie was kort ná mekaar by die huis.

O’Friel is intussen weer na sy seun se kamer waar hy in sy bed gelê het.

“Jy hoop en bid maar die kind gaan lewe. Jy dink aan so baie goed. Ek het hom in die kar gelaai en na die Unie-hospitaal (in Alberton) gejaag. Dis gelukkig net ’n paar straatblokke ver.”

Me. Bernadine le Roux (30), O’Friel se verloofde, is per ambulans na die hospitaal geneem.

Sy en Brendan het noodoperasies ondergaan en albei word in die waakeenheid behandel.

“Brendan is ernstig, maar buite gevaar en steeds onder verdowing. Bernadine is onder die omstandighede orraait,” het O’Friel gesê.

Volgens van die bure en lede van die buurtwag het die twee rowers in ’n wit Opel Monza gevlug. Al wat gesteel is, is die gesin se platskerm-TV.

Kapt. Makana Rahulu, polisiewoordvoerder, het bevestig dat hulle nog na die twee rowers soek.

  • In nog ’n skietvoorval is ’n veiligheidswag van Builders Warehouse in Boksburg eergisteroggend omstreeks 10:00 in die been geskiet toe transitorowers toegeslaan het terwyl die Coin-veiligheidsmaatskappy geld kom haal het. Niemand anders is in die rooftog beseer nie, het kapt. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, gister gesê.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.