Hy moes dadelik net alles erken het - Amor

2009-11-04 00:20

Die sangeres Amor Vittone sê haar hart is “uitgeruk” en dit voel of haar “laaste bietjie energie” weg is.

“Daar is woede en ’n ontsettende teleurstelling in my hart. As alles in die begin uitgekom het (dat dit Joost in die seksvideo is) sou dit baie beter gewees het.”

’n Baie hartseer Vittone het gister haar stilswye van sowat agt maande verbreek deur haar hart aan Darren Scott op Jacaranda 94.2 se program Just plain breakfast uit te stort.

Op ’n vraag van Scott oor wat haar kop vir haar gesê het voordat Joost haar in Augustus vertel het dit is hy in die video, het sy gesê: “My instink het aangehou sê: ‘Kyk verder, kyk verder.’ Ek het hom elke dag (sowat agt maande lank) gevra: ‘Joost, is jy seker dit is nie jy in die video nie’ ”

Vittone het gesê haar man het hom in ’n “web van leuens” gewikkel. “Hy het gedink hy kan uit die situasie kom.”

Vittone het gesê die aand toe Joost aan haar gebieg het terwyl sy besig was om kos te maak, het sy net vir hom gekyk.

“Ek het drie dae lank nie met hom gepraat nie. Ek was op dié dae nie ’n ma nie; ek weet nie waar ek was nie. Dit was die alleenste tyd van my lewe. My ma-hulle was in Kanada en die man met wie ek getroud is, was nie daar nie.”

Vittone het vertel kort nadat die video-sage losgebars het, het dokters uitgevind hul seuntjie Jordan (5) het net 20% gehoor in sy een oor en 40% in die ander een. “Dit was vir my nog erger (as die video-sage). Hoekom dít ook?”

Dié sangeres sê sy het al “gevaarligte” gesien toe sy, Joost en haar ouers verskeie kere die afgelope drie jaar dreigemente ontvang het. Sy meen dieselfde mense wat hulle gedreig het, het die seksvideo verkoop.

Vittone het gesê dit is “so onwaar” dat haar ouers haar gevra het om van Joost te skei.

Sy het ook gesê hoewel sy daaraan gedink het dat hulle dalk ’n bietjie tyd apart moet deurbring, is dit nie waar dat sy hom gevra het om uit te trek nie.

“Ek voel ek is in die steek gelaat, maar ek is wel jammer vir hom. Ek is tog lief vir hom. Ek is liggaamlik en geestelik moeg.

“Ek weet eerlikwaar nie of alles weer 100% reg gaan wees nie, maar ek is bereid om 110% te gee. Daar is nog baie om voor dankbaar te wees.”

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
104 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.