Johannesburg

Saterdag

More sun than clouds. Cool.

4°C
17°C

7 day forecasts

‘Hy was net ’n kind’

2009-09-26 00:44

'n Jong man is gister in sy ouerhuis buite Bronkhorstspruit doodgeskiet oomblikke nadat sy pa in sy slaapkamer geskiet is.

Mev. Jeanine Anderson moes toekyk hoe haar man, mnr. Robert Anderson (47), die eienaar van ’n boumaatskappy, twee keer in die maag geskiet word.

Oomblikke later het sy nog ’n skoot gehoor.

Dié skoot het die lewe van haar seun, Sheun (18), wat vir sy pa gewerk het, geëis.

Insp. Sanet Lourens, polisiewoordvoerder, het gesê ’n inbreker het gister omstreeks 01:00 deur ’n kombuisvenster van die Andersons se huis op ’n kleinhoewe by Wag-’n-bietjieskop, buite Bronkhorstspruit, geklim.

Volgens Lourens het die man reguit na die hoofslaapkamer geloop waar Anderson sr. en sy vrou geslaap het.

Volgens mnr. André van Staden, ’n familievriend, het Anderson sr. uit sy bed opgespring toe hy van die man bewus word.

Anderson sr. het glo net omgedraai om sy bril te kry toe die man hom twee keer skiet.

“Hy (die moordenaar) het langs die bed gestaan en die man twee keer in die maag geskiet,” het Lourens gesê.

“Mev. Anderson het op die bed gelê toe haar man geskiet is. Die man het niks aan mev. Anderson gesê of haar gevra om enigiets te doen nie.”

Volgens Lourens het die egpaar se seun van die skote wakker geword en is hy na sy ouers se slaapkamer toe.

Die moordenaar het net toe uit die kamer die gang ingestap en hom in Anderson jr. vasgeloop. ’n Stoeiery het in die gang uitgebreek en tot in die kombuis aangegaan. In die kombuis het ’n ander moordenaar Anderson jr. van agter in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood.

Lourens het gesê die moordenaars het gevlug deur dieselfde venster waar hulle ingekom het. Net ’n skootrekenaar word vermis.

Anderson sr. is na die Bronkhorstspruit-hospitaal geneem vanwaar hy met ’n helikopter na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria oorgeplaas is.

Hy is in ’n kritieke toestand in die hoësorgeenheid opgeneem.

“Hulle (misdadigers) voel niks vir ’n mens nie,” het Van Staden gesê.

“Die laaitie het pas 18 geword en was nog ’n kind. Dit is so sleg.”

Buiten sy ouers laat Anderson jr. ook ’n ouer broer, Robbie (19), agter. Hy was nie tuis ten tyde van die voorval nie.

* Volgens die polisie se misdaadstatistieke wat vroeër vandeesweek bekend gemaak is, het moorde en huisrooftogte in die Bronkhorstspruit-polisiewyk van April verlede jaar tot Maart vanjaar onderskeidelik met 110% en 104% toegeneem.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-650,000 Per Annum Cost To Company

Management Accountant

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-520,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2007
R 99,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2006
R 92,990.00

AUDI

A4 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl MY05
2005
R 200,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...