Hy word woes gelaaik op Facebook

2010-09-03 22:29

Jack Parow ... Cooler as Kurt en Steve? Facebook-gebruikers dink so. Foto: Antonie Robertson

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Ek sal nooit dat my eie kinders na my musiek luister nie.”

So sê die Afrikaanse zef-rapper Jack Parow, wat beplan om ’n vloeklose weergawe van sy album uit te reik “sodat die kinders ook daarna kan luister”.

Parow, oftewel Zander Tyler (28) wanneer hy by die huis is, meen daar’s baie anties wat kla hul kinders hou van sy musiek, maar mag weens sy gevloek nie daarna luister nie.

“Ek neem hulle nie kwalik nie. Ek sal ook nie dat my eie kinders na my musiek luister nie. Daar’s baie aanvraag, daarom wil ek ’n ‘skoon’ weergawe van my CD uitbring waar die vloekwoorde uitgehaal word, soos die radiostasies dit doen, dalk ’n biep of so iets insit – die enigste f***p is dat byna die hele liedjie sal biep.”

Vir hom gaan dit nie daarom om met ’n gesuiwerde weergawe ’n groter mark vir verkope te bereik nie, maar “om my musiek vir mense van alle ouderdomme wat dit woes laaik toeganklik te maak”.

Intussen word hy so woes gelaaik op Facebook dat sy kubergewildheid bo dié van selfs gevestigde sangers soos Kurt Darren en Steve Hofmeyr styg.

Parow het meer as 78?500 Facebook-aanhangers, terwyl Hofmeyr sowat 61 000 en Darren sowat 45 000 het.

“Uiteindelik!” het Parow verheug uitgeroep oor die nuus dat hy gewilder as Darren op Facebook is.

“Dít was my enigste droom: Om Kurt Darren op Facebook te klop. Dít en om op die voorblad van Huisgenoot te wees.

“Ek’s nou klaar met rapping, my ou, nou kan ek aftree!”

Darren se jongste album het wel reeds dubbelplatinumstatus (meer as 80 000 eenhede verkoop) en Hofmeyr s’n platinumstatus bereik.

Van Parow se eerste album, Jack Parow, is meer as 35 000 eenhede reeds verkoop.

Hy het pas teruggekeer van Europa waar sy optredes in België en Nederland uitverkoop is.

“Dit was ‘amazing’ oorsee.

“By die een vertoning het daar duisende mense buite die saal gesit en luister omdat dit uitverkoop is.”

Hy is no. 4 onder MTV se top- tien gewildste sangers in albei dié lande.

“Hulle (oorsese aanhangers) hou die meeste van ‘Cooler as ekke’ en ‘ Dans dans dans’. Meer as 1,2 miljoen mense het reeds op YouTube na die musiekvideo van ‘Cooler as ekke ’ gekyk.”

Parow is vandag op Joburg Day saam met bekendes soos The Parlotones en Prime Circle te sien.

“Ek moet nog die liedjie wat ek gaan sing, ‘ I Miss’ , se lirieke leer,” het hy gisteroggend gesê.

“As ek dit nie kan onthou nie, sal ek sommer ’n ‘clipboard’ saamvat met die lirieke op en daarvan af sing.”


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.