Hy wou help en toe skiet kaper hom

2010-02-27 05:54

‘My Pappa. Ek is só lief vir Pappa, want Pappa is so liefdevol, so geduldig met my, sorg elke dag vir my.”

So het Stella van Niekerk (11) in ’n briefie afskeid geneem van haar pa, Pieter (40), wat eergister in Springs, aan die Oos-Rand, doodgeskiet is toe hy kapingslagoffers wou help.

By Beeld se besoek gister aan Van Niekerk se familie het sy ander dogter, Landi (6), in ’n sagte stemmetjie vertel hoe die mans haar pa doodgeskiet het.

“Hy wou ander mense help, maar toe skiet hulle hom ses keer,” sê sy.

Van Niekerk en sy verloofde, me. Madeleine Cole (45), was omstreeks 20:00 op pad na haar huis in Springs toe hulle ’n vrou in Retiefstraat, Geduld, sien hardloop en haar hoor skreeu het: “Help! Help!” Die kapers het weggehardloop en Van Niekerk het een in sy motor agternagesit.

“Hy het langs die man stilgehou en geskreeu: ‘Wat de f** doen jy?’, toe draai die man om en loop tot by sy ruit en begin net skiet. Vyf van die ses skote het hom getref. Pieter het net stil gesit en ek het gedog dis vreemd, maar nou weet ek dis omdat hy in die kop getref is,” het ’n steeds geskokte Cole gister vertel.

Een van die koeëls het deur Van Niekerk getrek en haar skrams in die hand getref.

Die twee sou gister saam by sy ma se huis ingetrek het.

Cole kon daarin slaag om uit die motor te spring en te vlug. Toe sy egter omdraai, het sy gesien hoe die man Van Niekerk uit die motor trek en daarmee wegjaag. Hy het toe nog gelewe.

Paramedici het nog sowat 15 minute nadat hulle op die toneel aangekom het vergeefs probeer om hom te red.

“Pappa is die toonbeeld van God se liefde en genade. ’n Beter pa sal ek nêrens in die lewe kry nie. Dankie dat Pappa my pappa is. Stella. Het Pappa baie lief,” lui sy dogtertjie se briefie, vol klein hartjies geteken.

Van Niekerk se geskokte ma, Doreen (87), het gister in trane vertel hoe sy haar liefdevolle seun – die jongste van haar 16 kinders – gaan mis.

“Ek gaan alles van hom mis, veral in die aande. Hy het alles om die huis gedoen en het nog gister die heining reggemaak,” het sy snikkend vertel.

Van Niekerk se broer, Pieter, het gesê hulle neem hom nie kwalik omdat hy mense wou help nie.

“Dit is hoe hy was. Hy wou altyd help en het nie geskroom om jou te help nie. Ons is baie kwaad.”

Insp. Tommy Tomlinson, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.