IAAF wil met Caster praat

2009-09-10 01:14

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) wil dringend praat met Caster Semenya, Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 800 m vir vroue, maar word skynbaar deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) verhinder.

Die IAAF het gister bevestig hy het die uitslae van die geslagstoetse op Semenya ontvang.

Dit sal eers openbaar gemaak word nadat ander deskundiges dit ook bestudeer het en Semenya daaroor ingelig is.

Mnr. Nick Davies, woordvoerder van die IAAF, het gisteraand uit Lausanne, Switserland, gesê omdat dit so ’n sensitiewe aangeleentheid is, moet die toetse weer deur deskundiges nagegaan word.

Die toetse is by verlede maand se Wêreld-atletiekbyeenkoms in Duitsland gedoen.

“Ons kan nie bekostig om enige foute te maak nie, veral omdat ons reeds met die internasionale menseregtehof gedreig word en omdat dit nou in Suid-Afrika ’n politieke aangeleentheid geword het.”

Volgens Davies val versoeke van die IAAF aan ASA om met haar in verbinding te tree tot dusver op dowe ore.

“ASA se optrede kan ernstige gevolge vir Semenya inhou as ons nie binnekort met haar self kan praat nie. In kort kom dit daarop neer dat sy nie wil saamwerk nie.

“As dit ’n dwelmverwante probleem was, sou sy al lankal geskors gewees het, maar hierdie is ’n unieke probleem waarvoor die IAAF se reëls nie voorsiening maak nie. Dit is vir ons belangrik om met haar oor die uitslae van die toetse te gesels,” het Davies gesê.

Hy het gesê daar is geen mediese toetse in Suid-Afrika op Semenya gedoen nie, ten spyte daarvan dat die IAAF dr. Harold Adams, die SA spandokter wat op die mediese paneel van die IAAF en ASA dien, opdrag gegee het om toe te sien dat dit gedoen word.

Beeld het verneem Semenya is wel in Pretoria voor die SA span se vertrek na die Wêreldbyeenkoms getoets, maar die uitslae is moontlik nie aan die IAAF deurgegee nie.

Davies het gesê Adams het “spoorloos” verdwyn.

Davies het ook gesê die manier waarop ASA Semenya se saak hanteer, kan in die volgende paar weke ’n yslike verleentheid word.

Volgens Davies het mnr. Leonard Chuene, president van ASA, die laaste paar weke soveel onwaarhede rondom die IAAF se hantering van Semenya se saak verkondig dat dit beslis vir hom ’n verleentheid gaan word wanneer die feite bekend gemaak word.

Chuene gaan dalk geen keuse hê as om te bedank as president van ASA nie, het hy gesê. Davies het gesê dit is jammer dat ASA toegelaat het dat politici by die saak betrokke raak sonder dat hulle al die feite tot hul beskikking het.

Ongeag die uitslae sal Semenya die goue medalje behou wat sy in Berlyn gewen het, asook die $60?000 (sowat R450?000) vir haar eerste plek.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.