In dié graf is boer gestenig

2011-08-02 00:07

Die lyk van mnr. Thinus Uitenweerde langs die vlak graf waarin hy lewend gegooi en met klippe bestook is. Foto: MJ Lourens

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Reitz. – ’n Boer is lewend en met vasgebinde hande en voete in ’n vlak graf buite sy plaasopstal gedwing en toe met groot klippe doodgegooi.

Mnr. Thinus Uitenweerde (55) se lyk is gisteroggend ná ’n soektog deur die polisie op die plaas Aliesrust in ’n vlak graf naby die opstal gevind.

Sy vrou, Magriet, wat in die onderlyf verlam en bedlêend is, en sy bejaarde ma, Bella, is daarna deur die polisie in hul plaashuis gekry.

Die 84-jarige mev. Uitenweerde is in die aanval deur twee jong aanvallers rondgepluk, vasgebind en verder aangerand.

Albei die vroue is in die provinsiale hospitaal opgeneem vir behandeling.

Twee jeugdiges, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, wat albei al los werkies vir die gesin gedoen het, is enkele ure later in die woonbuurt Petsana aangekeer.

Hulle het omstreeks 13:00 op die plaas toegeslaan en die vroue is sowat 22 uur later eers gevind.

Twee selfone, ’n hoëtroustel en die vermoorde se beursie is in die twee se besit gekry.

Die Bethlehemse honde-eenheid van die polisie het ondersoek ingestel nadat mnr. Uitenweerde se seun, Martin, wat in Bethlehem bly, sy pa en ouma probeer bel het.

Toe Uitenweerde jr. later by die plaas opdaag, was die polisie reeds daar. Hy het gehoor hoe sy ma vanuit die huis om hulp roep. Sy pa was vermis.

Uitenweerde se lyk is laat die oggend sowat 100 m van die huis by ’n murasie gekry. Die aanvallers het die graf met blare en stokke probeer versteek.

Die agterkant van Uitenweerde se skedel is vermoedelik met van die groot klippe van die murasie verbrysel. Sy voete is vasgebind met ’n swart veter, sy hande met ’n nylontou en daar was ’n serp om sy gesig.

Uitenweerde jr. het in trane uitgebars toe die polisie aan hom sê hulle het sy pa se lyk gekry.

“My pa was ’n mens op sy eie; ’n behulpsame man. Hy sou enigiemand help as dit vir hom moontlik was.”


Die plaas Alies rust in die Reitz-distrik waar mnr. Thinus Uitenweerde vermoor en sy vrou en ma aangehou en aangerand is.


Martin Uitenweerde, seun van die vermoorde mnr. Thinus Uitenweerde


DIE wreedaardige plaasaanval, enkele dae na die Lindley-uitspraak, het skokgolwe deur die gemeenskap van Reitz, ’n buurdorp, gestuur.
Foto's: MJ Lourens


Lewer kommentaar op hierdie artikel
169 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.