Inbreker vas; hy dra Bok-baadjie

2012-02-06 22:02

’n Vermeende inbreker is op heterdaad betrap in ’n Springbok-baadjie wat hy drie dae vantevore gesteel het.

Die man is eergisteroggend in ’n plaashuis buite Hekpoort betrap danksy die gemeenskap en die Hekpoort-polisie se vinnige reaksie.

’n Polisiebeampte na aan die ondersoek het gister gesê buiten vir dié twee inbrake by plaashuise in dié omgewing, was daar ook twee lasbriewe uitgereik vir sy inhegtenisneming.

Hy is gesoek weens klagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal, asook die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Mnr. Johan Oosthuizen van Oostermoed-boerdery het gesê sy bure het eergisteroggend kerk toe gegaan.

Hul werker is na die plaashuis om die honde kos te gee toe hy iets verdags by die huis opmerk.

Die werker het Oosthuizen se ander buurman, wat op pad was Krugersdorp toe, gebel. Dié het by die polisiekantoor omgery om hulle in te lig en terselfdertyd vir Oosthuizen gebel.

“Ek het verlede maand my eie veiligheidsmaatskappy begin. Die misdaad in ons omgewing is erg genoeg dat ek ’n veiligheidsmaatskappy moes stig,” het Oosthuizen gesê.

“My mense en die polisie het gelyk by die plaashuis aangekom. My veiligheidshoof het by die huis ingegaan en die inbreker betrap waar hy my buurvrou se kamer omgooi.

“Die inbreker het ’n Springbok-baadjie en vrouejuwele gedra.

“Die man het ’n mes by hom gehad, maar my veiligheidshoof se haelgeweer het hom afgeskrik.”

Die polisiebeampte het gesê die Springbok-baadjie behoort aan ’n vrou van Hekpoort wat dit vir skiet verwerf het.

Die man het die baadjie, haar juwele en nog goedere verlede Donderdag uit haar huis gesteel.

Volgens die beampte verskyn die vermeende inbreker (36) na verwagting vandag op twee aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal in die landdroshof in Magaliesburg.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.