Motoris doodgeskiet: 2 vas
2012-02-22 12:15
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Twee vermeende rowers is aangekeer enkele ure nadat 'n man Woensdagoggend voor 'n winkel in Sandton doodgeskiet is.
Die mans is vermoedelik deel van die bende van vier wat 'n motoris in die parkeerterrein voor die Builders Warehouse in Sunninghill doodgeskiet het toe hulle sy motor probeer kaap het ná 'n mislukte rooftog in die winkel.
Die een man is in Paulshof vasgetrek en die ander in Hillbrow.
Die voorval het plaasgevind toe die rowers die winkel net na 6:00 geteiken het.
"Hulle was nog besig om die onderneming oop te maak toe 'n rower in die uniform van 'n veiligheidswag ingekom het," het kapt. Kim Cloete gesê.
Hy het 'n vuurwapen uitgepluk en sy drie makkers was skielik ook daar. Hulle het kontant geëis, maar toe die werknemer nie die kluis kon oopkry nie, is hy aangerand.
Die rowers het 'n motor buite die winkel probeer kaap toe hulle nie geld kon buit nie. 'n Stoeiery het met die eienaar van die voertuig uitgebreek en hy is doodgeskiet. - Sapa