Is Augustus die nuwe September?

2009-09-22 01:24

Die meeste Suid-Afrikaners het seker al agtergekom die weer is ongewoon vir dié tyd van die jaar.

Is Augustus dus die nuwe September? Het die klimaat dus so verander dat plante byvoorbeeld vanjaar vroeër begin blom het?

So vra die South African Environmental Observation Network (SAEON) aan die begin van dié week waartydens klimaatsverandering wêreldwyd in die kollig is.

SAEON het pas twee nuwe projekte begin en vra Beeld-lesers nou om hulle te help om tekens van klimaatsverandering te identifiseer.

“Dit hang af van waar jy woon, maar op sommige plekke is dit deesdae warmer, kouer, natter en droër as wat enigiemand kan onthou,” sê die organisasie.

As die lente dus nou die nuwe somer geword het, vra navorsers by die Ndlovu Nodus van SAEON: Wat presies is besig om te gebeur?

“Die eenvoudige antwoord is dat die klimaat dwarsoor die wêreld besig is om te verander en dat die aarde besig is om warmer te raak.”

Navorsers krap kop en vra hoe die natuurlike wêreld op die veranderende klimaat reageer.

Oorweldigende wetenskaplike getuienis dui daarop dat sagtevrugtebome deesdae gouer ná die winter blare begin kry, gouer begin blom en dat migrerende voëls hul bestemming een tot twee weke vroeër (as in die afgelope 30 jaar) bereik.

Dit wil vir wetenskaplikes voorkom asof dinge (in die natuur) net ’n bietjie te gou gebeur.

Deur die tydperke van biologiese gebeure in plante en diere te moniteer, probeer wetenskaplikes die impak van klimaatsverandering op Suid-Afrika se biodiversiteit verstaan.

“Soos wat die tydperke vir belangrike gebeure skuif, voorsien ons probleme vir die voltooiing van noodsaaklike lewensiklusse, die verlies aan sinchronisasie tussen interafhanklike spesies (veral tussen plante en insekte wat deur hulle bestuif word), beperkte hulpbronne en die mededingendheid tussen spesies,” sê dr. Dave Thompson, bestuurder van navorsing oor biodiversiteit by die SAEON Ndlovu Nodus.

“Dit is noodsaaklik om te besef ons moet die klimaatverwante veranderinge om ons verstaan en bestuur en dat dit veel groter is as die begeerte om net ’n barmhartige Samaritaan vir die omgewing te wees.

“Dink vir ’n oomblik aan wat die gevolge sal wees as die bestuiwing van gewasse en vrugte misluk: Dit sal rampspoedig vir kosproduksie wees,” het hy gesê.

Om inligting vir die bioloë se navorsing in te samel het SAEON Beeld-lesers se hulp met drie wetenskaplike projekte nodig: Die een is ter aanvulling van Bird’s Eye View, wat al in 2007 begin het en waar lesers gevra word om die aankomstye van migrerende voëls aan te dui.

Die ander twee projekte is Climate Buddy, waarvolgens lesers datums moet aanteken wanneer plante blom. Deelnemers aan Turning a New Leaf word gevra om aan te teken wanneer blare vir die eerste keer ná die winter hul verskyning by sagtevrugtebome maak en dan weer wanneer die blare begin val.

Voornemende waarnemers of deelnemers aan die projekte kan registrasievorms by http://ndlovu.saeon.ac.za aflaai. Vir meer inligting oor die projekte kan Thompson ook by 0 013 735 3534/5 gebel word.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

New Business development Sales consultant

Green Point, Cape Town, South Africa
Digicall
Market Related

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.