‘Is dít wat jy wil hê, Julius?’ vra dominee ná aanval

2010-03-26 10:33
Mnr. Stuart Jonkder (81) wat met 'n stuk hout teen

Mnr. Stuart Jonkder (81) wat met 'n stuk hout teen die kop geslaan is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Buks Viljoen

“Is dít wat jy bedoel met jou gewraakte uitlatings oor aanvalle op wittes, mnr. Julius Malema?”

Dit is wat ds. Gerrie Strydom wil weet nadat sy skoonpa, mnr. Stuart Jonker (81), eergister genadeloos op sy plaas buite Nelspruit aangerand is.

Mnr. Jonker en sy lewensmaat, mev. Tina Muller (82), is in hul opstal by die Ooswes-boerdery naby Sterkspruit oorval.

“Ek het die afgelope twee weke te veel van hierdie onsinnige geweld gesien,” het Strydom gister aan Beeld gesê.

Hy was verlede Vrydag een van die predikante wat by die begrafnisdiens van die 17-jarige Anika Smit van Pretoria opgetree het. Anika is in haar pa se huis in Theresapark vermoor en haar hande is afgesny.

In Woensdagoggend se aanval het Jonker omstreeks 02:00 wakker geword van die geraas toe drie aanvallers die huis se voordeur gebreek het.

“Hy is met ’n stuk hout en ’n ysterpaal geslaan. Jy kan nie glo hoe die ou man se lyf lyk van die bloukolle nie.”

Muller word steeds in die waaksorgeenheid van die Nelspruit Medi-Clinic behandel.

Volgens Strydom is sy steeds kritiek, maar stabiel. “Die bloeding op haar brein is gedreineer en sy het darem nou bygekom.”

Muller se kakebeen is ook gebreek toe sy waarskynlik met dieselfde stuk hout teen die kop geslaan is.

Strydom sê dit grief hom om soveel sinnelose geweld te beleef.

“Twee weke gelede het ek ’n man in Pretoria begrawe wat vermoor is. Verlede Vrydag het ons by die graf van die jong Anika gestaan.”

Die tyd het volgens Strydom aangebreek dat politici moet begin besef wat die gevolge is van onverantwoordelike uitlatings wat hulle oor geweld maak.

“Die ANC moet sy lakeie tot orde roep – en dringend!”

Malema, leier van die ANC se jeugliga, het onlangs op ’n studentebyeenkoms in Johannesburg die lied “Skiet die Boere” gesing, en dit sedertdien ondanks heftige kritiek en verskeie klagtes herhaal.

Nog niemand is in verband met die aanval op Jonker en Muller aangekeer nie, het insp. Dawie Pretorius, polisiewoordvoerder in Nelspruit, gesê. 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,950.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.