JZ swyg oor weermag

2012-01-23 22:33

Kaapstad. – Pres. Jacob Zuma het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) einde verlede jaar drie keer ontplooi sonder om die Nasionale Vergadering (NV) daaroor in te lig.

Zuma het dié huis van die parlement eers weke nadat die ontplooiing begin is, per brief daarvan ingelig.

Die Grondwet vereis van die president om die parlement “spoedig” in te lig sodra die weermag ontplooi word.

’n Lid van die parlement se staande komitee oor verdediging het gister aan Beeld gesê: “Selfs in die geval van ’n noodsituasie moet die president ten minste dié komitee binne ... sewe dae inlig indien hy die weermag laat ontplooi het.”

Luidens parlementêre dokumentasie in Beeld se besit is die weermag einde verlede jaar ontplooi om die polisie tydens die feestyd en tydens COP17 in Durban by te staan. Daar was ook ’n twee weke lange ontplooiing in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

In dié drie gevalle is die NV eers tussen drie en ses weke ná die ontplooiings daarvan ingelig.

Mnr. David Maynier, DA-LP, het aan Beeld gesê die parlement moet die ontplooiing van die SANW goedkeur. “Dié reël is om ’n goeie rede daar, dit is daar om uitvoerende oorloë te voorkom, waar die SANW met slegs die goedkeuring van ’n klein handjievol van die uitvoerende gesag van die land ontplooi word. ’n Mens wil nie wakker word en skielik hoor die weermag staan voor die hekke van Luanda en niemand het daarvan geweet nie.”

Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner van die Universiteit van Kaapstad, het in ’n kommentaarstuk oor die ontplooiings gesê dit is gevaarlik om “swaar gewapende soldate wat nie (vir skarebeheer) opgelei is nie te ontplooi in gebiede waar burgerlikes teenwoordig is”.

“Wat sal gebeur as soldate op burgerlikes skiet en baie mense sterf? Want as die gebruik om soldate te gebruik om misdaad te voorkom en betogers te intimideer, voortgaan, gaan so ’n skietery die een of ander tyd plaasvind.”

Zuma het verlede jaar ook onder skoot gekom omdat hy die NV eers nege maande ná ’n ontplooiing na die Golf van Guinee daarvan ingelig het.

Zuma se optrede druis ook in teen die Verdedigingswet van 2002. Ingevolge art. 18 (4) van dié wet moet enige uitgawes vir die ontplooiing van die SANW eers aan die NV verklaar word. Dit is in die jongste geval ook nie gedoen nie.

Mnr. Mac Maharaj, die president se woordvoerder, was nie gister vir kommentaar beskikbaar nie.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.