‘Jammer daaroor’ versag nie lewenslange moordvonnis

2010-09-03 22:30

Dat een van mnr. Sven Tideman (66) van Pretoria se moordenaars ná die skietery aan sy vrou gesê het “sorry about that”, is nie ’n teken van berou nie.

Toe Tideman se vrou, Gerdy, in die hof getuig het oor dié verskoning aan haar, was sy nog méér ontsteld en het begin huil.

Só het regter Sulet Potterill gister in die hooggeregshof in Pretoria gesê voordat sy Tideman se aanvallers elk tot lewenslange tronkstraf vir moord gevonnis het.
Elliot Calvin Ranape (25), Velly Lucas Sefoka (30) en Thabo Mamagobo (26) is daaraan skuldig bevind dat hulle Tideman, ’n bou-ingenieur wat in 1984 van Nederland na Suid-Afrika gekom het, op 25 Augustus 2008 in sy goed beveiligde huis vermoor het.

Die egpaar se slaapkamerdeur is om 02:04 oopgestamp nadat die beskuldigdes by ’n ander kamer ingebreek het.

Mnr. Tideman, wat in Sandton gewerk het, is geskiet toe hy sy arm beskermend in hul bed om sy vrou gesit het.

Sy dood het destyds skokgolwe deur argitektuur- en ingenieurs- kringe in Nederland gestuur.

Ranape het ook 20 jaar tronkstraf gekry vir die rooftog by die Tidemans en die ander twee het elk 15 jaar tronkstraf hiervoor gekry.

Die egpaar se trouringe, ’n familiering en mev. Tideman se nuwe verjaardaghorlosie is geroof.

Die beskuldigdes het onderskeidelik drie jaar tronkstraf vir onwettige vuurwapenbesit en drie jaar tronkstraf vir onwettige ammunisiebesit gekry.

Die onderskeie vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Potterill het gesê die beskuldigdes het die egpaar onvoorbereid in hul slaapkamer gevang.

Mev. Tideman is ’n maer, klein persoon en op foto’s kan gesien word haar man was ook maer en klein, het die regter gesê.

’n Advokaat vir die verdediging het gister ter strafversagting aangevoer een van die beskuldigdes het op die toneel gesê “sorry about that” en dit behoort in al drie beskuldigdes se guns te tel.

Potterill het gesê subjektief gesien, is dít nie as berou deur mev. Tideman beskou nie.

Mev. Tideman het dié stelling in die hof beskryf as “asof dit niks was nie”.

“Ek kan dit nie sien as ’n manifestasie van berou nie,” het die regter gesê.

Buitenwone geweld is in die rooftog gebruik en het baie trauma veroorsaak, het Potterill gesê.

Mev. Tideman se trouring is só van haar vinger afgepluk dat dit ’n oop wond veroorsaak het.

Sy moes stil lê terwyl haar man hom langs haar gelê en doodbloei het. Sy is in die gesig geslaan en het gebloei.

Niks van hul goed is teruggekry nie. Van dié goed was van groot sentimentele waarde.

Potterill het gesê die samelewing is desperaat omdat daar geen afname in dié misdade of vergoeding daarvoor is nie.

Sy het gesê Ranape was voorheen in die tronk vir huisbraak.

Potterill het gister verlof aan Ranape en Mamagobo gegee om voor die hooggeregshof se volle bank te appelleer teen slegs hul vonnis.
Sefoka het nie aansoek gedoen om te appelleer nie.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.