Joost wou Kurt bydam oor Amor

2012-02-19 22:17

Kurt Darren

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar was so hittete ’n vuis-geveg tussen die oud-Springbok-kaptein Joost van der Westhuizen en die sanger Kurt Darren toe Van der Westhuizen Darren en Amor Vittone een nag in laasgenoemde se huis “gekonfronteer” het.

“Joost het op ons afgestorm en hy was woedend,” het Darren, wat gister verjaar het, vertel.

“Ek het hom vriendelik daaraan herinner dat hy my gevra het om ná ’n geselligheid waar ons albei was agter haar aan te ry huis toe om te sien dat sy veilig tuis aankom omdat sy ’n bietjie erg gekuier het.”

Darren het sy verjaardag met gemengde gevoelens gevier.

“Ek is baie teleurgesteld dat ek nou by Joost en Amor se openbare gevegte en publisiteitsbeheptheid betrek word. Ja, ek was daardie betrokke aand waarvan Joost in die jongste uitgawe van Huisgenoot vertel saam met Amor in haar huis in Dainfern in Johannesburg.

Die egpaar was toe nog saam, maar Joost was by ’n ‘manne-aand’ in Brits.

By hul huis aangekom, het sy my gevra of ek vinnig wil gaan kyk na al haar en Joost se toekennings.

Die huishulp, ek en Amor het na die betrokke kamer gegaan toe Joost erg kwaad daar instorm. Kan jy glo dat hy nou, ná al die jare, sê ek het Amor omhels; dit nogal terwyl die huishulp toekyk?

“Ek vind Amor nie eens aantreklik nie en ek wil absoluut niks met hulle te doen hê nie.”

Vittone, wat sedert Vrydag nie gereageer het op Beeld se versoeke om kommentaar nie, het verlede week haar derde prokureur in haar egskeidingsgeding met Van der Westhuizen aangestel.

Mnr. Selwyn Shapiro het gister gesê hy kan geen kommentaar lewer nie.

“Al wat ek wel kan sê is dat van ons kant af probeer ons die egskeiding bespoedig.”

Mnr. Robert Klinkenberg, Van der Westhuizen se prokureur, het gesê die vertraging “is beslis nie ons skuld nie”.

Van der Westhuizen is in Dubai vir ’n geldinsamelingsveldtog vir J9, sy liefdadigheidsorganisasie.

Sluit aan by Beeld se Facebook-bladsy en volg Beeld op Twitter


 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.