‘Jou huis brand’ klink soos ’n grap

2010-09-07 22:08

Die binnekant van die huurhuis waarin mnr. André en mev. Christelle Kotzé en hul tweelingdogters gewoon het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

‘Dit is nie ’n baie ‘nice’ grap nie.”

Dit is wat mnr. André Kotzé van Constantiapark in die ooste van Pretoria aan ’n brandweerman gesê het toe dié hom bel met die nuus dat sy huurhuis pas tot op die grond afgebrand het.

Kotzé, sy vrou, Christelle (33), en hul tweejarige tweelingdogters, Denike en Dané, het Saterdagmiddag by familielede in Faerie Glen gekuier toe die huis afgebrand het.

Hul bure kon hul hond, Tiekie, uit die brandende huis red.

“Die bure sê die oomblik toe hulle Tiekie uit die huis gekry het, het die vensters begin bars.

Hulle sê binne 20 minute was ons huis tot op die grond toe afgebrand,” het Kotzé gister vertel.

Volgens Kotzé het hy ’n oproep van ’n man gekry wat gesê het: “My naam is André en ek is ’n brandweerman. Jul huis het so pas afgebrand.”

“Ek het vir die ou gesê dit is nie ’n baie ‘nice’ grap nie en wou by hom weet wie hy nou eintlik is.

Toe hy aanhou met die storie het ek die foon doodgedruk en in my motor gespring op pad na my huis.

“Toe ons daar opdaag, het net die mure gestaan.”

Volgens die brandweer se voorlopige verslag het die brand in die motorhuis by die kragboks begin waarna dit deur die dak na die res van die huis versprei het, het Kotzé gesê.

“Ek is net dankbaar ons was nie in die huis nie en dat dit nie in die nag gebrand het nie, want dan sou ons dalk nie nou hier gesit het nie,” het mev. Kotzé gesê.

Mnr. Kotzé het gesê die brand is ’n baie groot terugslag vir hulle, veral omdat hulle nog meer as R20 000 skuld aan mediese koste vir Dané, wat aan die siekte hemagioom ly.

By geboorte is ’n gewas in haar keel ontdek wat veroorsaak het dat sy nie kon asemhaal nie.

Dokters moes destyds ’n kunsmatige opening in haar nek maak.

Dané het al sowat vyf operasies ondergaan. Hoewel die gewas nou gekrimp het, kan dit later weer probleme veroorsaak.

Gewasse het nou ook in haar linkeroog en op haar arms en bene begin groei.

Die gesin het nie geld vir die nuwe behandeling nie.

“Noudat ons huis afgebrand het, het ons niks,” het mnr. Kotzé gesê.

Die gesin woon tans by mev. Kotzé se suster, mev. Elzanne Botha, in Faerie Glen.

Familielede en vriende het hulle ou klere gegee.

Mev. Kotzé het gesê sy is dankbaar dat hulle leef, maar net baie hartseer oor al hul foto’s en ’n trouring wat sy van haar ouma geërf het wat in die brand verwoes is.


Die Kotzé-egpaar en hul tweelingdogters, Denike (links) en Dané. Foto: Alet Pretorius


Dankbaar dat hulle leef: Mnr. André en mev. Christelle Kotzé en hul tweelingdogters, Denike (voor) en Dané. Foto: Alet Pretorius



 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.