Julle mag nie hier wei nie! Skut toe!

2011-07-14 00:00

Van die grasperk na die munisipale skut.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vier draadskape en drie draad-lammers is deur die Johannesburgse metropolisie gekonfiskeer en word in die diereskut aangehou.

Metropolisielede het die skape opgepik en die maatskappy Bang & Olufsen met R2 000 beboet omdat hulle met skape handel dryf “in ’n park of tuin waar die publiek reg op toegang het”.

Bang & Olufsen is ’n onderneming wat luukse elektroniese ware verskaf en die skape van draad en krale “wei” op die grasperk voor die onderneming in Peter Place, Sandton.

Mnr. Mike Sharp, bestuurder van die tak, sê die metropolisie het verlede Woensdag beslag gelê op hul sewe skape en die boete aan ’n veiligheidswag gegee.

“Hulle het gesê ons dryf handel in skape. Hulle het nooit met ons kom praat voordat hulle die skape gevat het nie.”

Volgens hom is Bang & Olufsen se hoofkantoor in Denemarke op die platteland. Skape en ander diere wei om die gebou.

“Ons het daarom gedink dit sal ’n goeie idee wees om die draadskape op die grasperk voor ons gebou te sit.”

Hulle het die eerste twee skape twee jaar gelede gekoop en sedertdien nog vyf bygekry.

Sharp sê hul kliënte en mense in die omgewing is gaande oor die skape en hulle het ’n instelling daar geword.

Die skape word nie verkoop nie.

Sharp het die metropolisie gisteroggend gebel om die skape terug te kry.

“(Hoofsupt.) Wayne Minnaar (metropolisiewoordvoerder) het verduidelik waarom die skape gevat is. Hy kon net nie verstaan hulle is net as versiering daar nie.”

Volgens Sharp het hy ook gepraat met dir. Gerrie Gerneke, die metropolisie se direkteur van lisensiëring en vervolging, wat die saak sal ondersoek. Hulle hoef voorlopig nie die R2 000 te betaal nie.

Die skape word in die munisipale skut in Randburg gehou.

Minnaar het by navraag gesê die skape mag nie op die gras voor die gebou vertoon of verkoop word nie.


Die skape van draad en krale voor Bang & Olufsen se gebou wat gekonfiskeer is omdat die metropolisie dink die maatskappy dryf handel daarin.



Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.