Inkomstebelasting daal effens

2012-02-22 14:09

Johannesburg. — Rokers en drinkers gaan soos gewoonlik meer vir hul slegte gewoontes betaal en individue kry die normale verligting in persoonlike inkomstebelasting om vir inflasie te vergoed, maar belasting op winste gemaak uit kapitale bates gaan toeneem.

Die begroting maak voorsiening vir verligting in persoonlike inkomstebelasting van R9,5 miljard, het mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, gesê, wat die effek van inflasie in ag neem en is ’n effense beskeie reële belastingverligting.

Gordhan het aangekondig dat die nuwe dividendbelasting hoër gaan wees as die sekondêre belasting op maatskappye wat dit vervang. Individue en maatskappye gaan ook meer belasting betaal op kapitaalwinste.

Volgens die belastingoorsig gaan die hervormings die regverdigheid van die belastingstelsel verbeter en verseker dat inkomste van kapitaal meer toepaslik belas word.

Dividendbelasting

Die belasting sal ingestel word teen ’n koers van 15%. Vanaf 1 April vervang dit sekondêre belasting op maatskappye, wat voorheen 10% was.

Kapitaalwinsbelasting (KWB)

Die koers vir individue en spesiale trusts verhoog vanaf 1 Maart van 25% na 33,3% en vir maatskappye en ander trusts van 50% na 66,6%. Die verskeie uitsluitingsdrempels is verhoog om die effek op middel-inkomste verdieners te beperk, het Gordhan gesê.

Aftreevoorsiening en besparing ("Retirement funding and savings")

Gordhan het gesê om vrywillige besparing aan te moedig word ’n belastingvrye kort- en mediumtermyn-spaarproduk oorweeg. Die voorstel is dat individue toegelaat moet word om R30 000 per jaar te spaar, met ’n lewestydperk-beperking van R500 000, in geregistreerde spaar of beleggingsprodukte wat vry sal wees van belasting op rente, dividend of kapitaalwins.

Daar is ook veranderinge aan die hantering van bydraes tot pensioen- en voorsorgfondse bekend gemaak. Individue se aftrekkings sal 22,5% en 27,5% wees vir mense onderskeidelik onder 45 en bo 45. Jaarlikse aftrekkings sal onderskeidelik beperk wees tot R250 000 en R300 000.

Klein ondernemings

Die belastingvrye drempel vir kleinsake-korporasies ("Small business corporations") word tot R63 556 verhoog. Die koers van 10% is tot 7% verlaag en die is van toepassing tot R350 000. Vir belasbare inkomste bo R350 000 sal die normale koers van 28% van toepassing wees.

Aksynsbelasting

’n Pakkie 20-sigarette sal vanjaar 58c meer kos, terwyl ’n liter wyn 18c meer sal wees. ’n340ml blikkie bier gaan jou 9c meer uit die sak jaag, terwyl ’n 750ml bottel spiritualieë R6 meer sal wees.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.