‘Jy moet mooi na Mamma kyk ...’

2010-03-25 22:50

’n Geskokte me. Elsie Smit vertel hoe haar lewensmaat, mnr. Assie van As, in hul huis doodgeskiet is. Foto: Wayne Coetzee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Pa van East Lynne, Pretoria, wat vyf keer in die bors geskiet is, het eergisteroggend tot die dood baklei om sy lewensmaat en seuntjie teen drie gewapende rowers te beskerm.

“Dêdda se groot seun, jy moet mooi na Mamma kyk. Ek is lief vir jou,” het die sterwende mnr. Jan (Assie) van As (49) vir die vyfjarige Daniël gesê.

Hy het ook vir me. Elsie Smit (37), sy lewensmaat, gesê hy is baie lief vir haar. “Toe hoor ek hom roggel.”

Die aanvallers het Van As en Smit eergisteroggend net voor 03:00 in hul bed in hul huis in Uilstraat wakker gemaak.
 
“Die volgende oomblik het ek die drie elk met ’n vuurwapen in die hand sien staan. Hulle het gesê ons moet stilbly en het geld en vuurwapens gevra.”

Van As het dadelik die kluis oopgesluit en vir hulle R4 000 wat daarin was en vier selfone gegee.

Smit het gesê toe Van As die kluis wou toemaak, het een van die rowers die sleutel gegryp.

“Assie het dit terug probeer gryp en op daardie oomblik het hy vir een van hulle geskreeu: ‘Is jy nie die een wat gister in my erf was nie?’ Toe klap twee skote.”

Smit het haar kop met die duvet toegetrek en hardop gebid. Terwyl Van As met sy aanvallers baklei het, het hy daarin geslaag om Daniël se kamerdeur toe te trek.

“Nog twee skote het geklap. Toe was dit ’n ruk stil terwyl hy die diefwering in die sitkamer wat die aanvallers oopgebuig het om in die huis te kom, weer toegebuig het. Toe klap nog ’n skoot.”

Smit en haar seun het by Van As gebuk waar hy langs die bank gelê en bloei het. Hy het hulle toe gegroet.

Smit het daarna deur die venster om hulp geroep en ’n buurvrou en polisievrou wat toevallig in die straat verby gery het, het kom help.

“Ek het my vingers in sy wonde gesteek en die bloeding probeer stop. Ek het vir hom geskreeu ‘jy het die eerste keer toe hulle jou gekaap en geskiet het oorleef en jy kan dit weer doen’, maar dit het nie gehelp nie.”

’n Geskokte Smit het gesê Van As is ’n paar jaar gelede tydens ’n motorkaping geskiet.

Mev. Elsa Smit, Smit se ma, het gister gesê hul dominee het mooi vir Daniël verduidelik sy “dêdda is nou by Liewe Jesus”.

Volgens Smit het inbrekers ’n week gelede kabels van sowat R7 000 uit hul erf gesteel.

Van As, ’n elektrisiën, se begrafnisdiens is Woensdagoggend om 10:00 in die Hervormde kerk East Lynne.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.