KZN kort R874 m. vir herstel van vloedskade

2012-02-06 22:02

Durban. – KwaZulu-Natal se vervoerdepartement stuur af op ’n begrotingstekort van sowat R874 miljoen met herstelwerk van minstens R1,4 miljard se vloedskade aan die provinsie se paaie die afgelope drie jaar.

Van dié herstelwerk hou verband met skade wat al in 2008 aangerig is toe verwoestende storms die KwaZulu-Natalse kus getref het. R1,1 miljard se skade is toe aan paaie en brûe aangerig.

Tussen November 2009 en Januarie 2010 is ’n verdere R312 miljoen se stormskade aangerig en miljoene rande se skade is begin vanjaar weer aangerig toe ’n verwoestende storm die uMzinyathi-distrik getref en die Tugelarivier laat oorstroom het.

Die provinsiale vervoerdepartement het einde verlede jaar al die wetgewer se portefeuljekomitee oor finansies gewaarsku dat hy te min rampfondse ontvang het om die stormskade te herstel.

As gevolg van dié toedrag van sake het die departement ’n oudit laat doen om sy prioriteite te bepaal, is gister bekend gemaak.

In die volgende twee maande tot die einde van die huidige boekjaar gaan voorrang gegee word aan die herstel van vloedskade, die instandhouding van bestaande paaie en die bou van voetgangerbrûe sodat mense riviere in vloed veilig kan oorsteek.

Die herstel van beskadigde paaie sluit in 1 500 km se grondpaaie in plattelandse gebiede.

Naas 12 voetgangerbrûe, het die departement ook begroot vir vyf nuwe brûe vir voertuie om te keer dat vloede die provinsie se ekonomie verlam.

Omdat rampfondse tekort geskiet het, moes die provinsiale vervoerdepartement geld uit sy normale begroting gebruik om vloedskade te herstel.

Mnr. Chris Hlabisa, hoof van die departement, het egter gister die versekering gegee dat die departement nie sy teikens vir die bou van nuwe teerpaaie in hoofsaaklik plattelandse gebiede gaan afskaal nie.

Die KwaZulu-Natalse regering is sowat ’n dekade lank al besig om teerpaaie in plattelandse gebiede te bou om dié arm dele van die provinsie vir ekonomiese ontwikkeling te ontsluit.

Mnr. Kwanele Ncalane, departementele woordvoerder, het gesê die departement is besig om met die provinsiale tesourie en die nasionale regering te onderhandel om meer geld te bekom.

“Daar is geen planne om ons teikens vir die opgradering van paaie vir die komende boekjaar af te skaal nie,” het Ncalane gesê.


Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.