Kapers skiet dokter

2012-01-29 21:31

Dr. John Moche (41)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Gerespekteerde dermatoloog wat Vrydagaand in Riviera, Pretoria, koelbloedig deur kapers doodgeskiet is, het minute voor sy dood nog oor die foon aan sy vrou gesê hy is op pad huis toe.

“Ons gaan gewoonlik op ’n Vrydagaand uit, maar hy het laat gewerk en my om 19:55 gebel om te sê ons moet nog nie gaan slaap nie, want hy gaan amper huis toe ry,” het me. Brenda Moche (40) gister gesê.

Haar man, dr. John Moche (41), wat hoof was van die Steve Biko-hospitaal se dermatologie-eenheid, is Vrydag omstreeks 20:30 voor ’n woonstelgebou in Viljoenstraat deur kapers oorval en doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Moche en ’n 33-jarige verpleegster was in dié straat, skaars ’n kilometer van die hospitaal, besig om voor die gebou in sy splinternuwe Range Rover-motor te gesels toe ’n bende kapers die deure ooppluk en hulle uit die voertuig trek.

Die kapers was met .38 Special-rewolwers gewapen.

“Een van die kapers het dr. Moche in sy linkerbors geskiet,” het Dlamini gesê.

Die kapers het met die Range Rover weggejaag.

“Paramedici is na die toneel ontbied, maar Moche is op die toneel dood,” het Dlamini gesê.

Die Range Rover, wat Moche maar sowat twee weke gelede gekoop het, is later dieselfde aand verlate in Atteridgeville gevind.

Dlamini het gesê die verpleegster is erg getraumatiseer.

Die polisie kon daarom nog nie haar verklaring neem nie.

Dr. Ernest Kenoshi, uitvoerende hoof van die Steve Biko-hospitaal en ’n vriend van Moche, het gesê dit is moontlik dat Moche die verpleegster ’n saamrygeleentheid gegee het omdat baie van die hospitaalpersoneel in woonstelgeboue naby die hospitaal, onder meer in dié straat, woon.

“Dit is vir my ’n groot skok, want ek het kort voor 20:00 nog lank met hom op die foon gepraat oor verskeie kwessies,” het Kenoshi, wat dié aand ook laat gewerk het, gister gesê.

“Hy het om 20:01 vir my twee e-posse gestuur oor die kwessies wat ons bespreek het. Om 20:50 het ek ’n oproep gekry dat hy geskiet is en in Viljoenstraat lê.”

Kenoshi het hom na die toneel gehaas.

“Die paramedici was reeds besig om hom te probeer bybring, maar hy het geen polsslag gehad nie. Hulle het byna ’n uur lank probeer om sy lewe te red, maar hy is omstreeks 21:30 dood verklaar.”

Kenoshi het gesê hy het ­Moche goed leer ken sedert hy hom in 2009 as hoof van die dermatologie-eenheid aangestel het.

“Ek het dikwels saam met hom gholf gespeel. Hy was een van die hospitaal se sterre en het nog ’n blink toekoms voor hom gehad.”

Mev. Moche het gesê hul twee dogters, Koketso (21) en Masego (14), en hul seun, Bokang (7), is verpletter deur hul pa se dood en ontvang berading van ’n sielkundige.

“Ek ken hom vandat ek 15 jaar oud is en ons was 12 jaar getroud. Ons het basies ons hele lewe saam bestee.

Hy was ’n baie toegewyde, liefdevolle mens en ’n absoluut wonderlike man.”

Die kapers is nog voortvlugtig.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Oracle DBA

Johannesburg, South Africa
Network IT Centurion
R420000 - R600000

Bookkeeper

Pretoria, South Africa
Under African Skies Recruitment
R12000 - R15000

PHP Developer

Tokai, Southern Suburbs 7945, South Africa
Quiglies Solutions
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.