Kapers skiet vrou 2 keer op hoofweg

2009-12-04 07:26

’n  Boervrou van Delmas in Mpumalanga is in die waaksaal van die Unitas-hospitaal in Pretoria nadat kapers haar gistermiddag twee keer in ’n mislukte kaping op die N12-hoofweg geskiet het.

Die polisie se lugvleuel moes mev. Leonora van Wyk per helikopter na dié hospitaal neem.

Mnr. Vossie Vos, operasionele bestuurder van Celtrac, ’n voertuigopsporingsmaatskappy, sê mev. Van Wyk se seun, Bertie, het hulle gister om 15:20 uit Bloemfontein gebel en gesê sy ma is geskiet.

Vos sê Van Wyk was in die gesin se Toyota Hilux-bakkie van Daveyton aan die Oos-Rand op pad terug na die gesin se hoenderplaas in Delmas.

Mnr. Francois van Wyk het gisteraand telefonies vanuit die hospitaal gesê sy vrou en ’n werker, Alphius, wie se van hy nie ken nie, het gister eiers in Daveyton gaan aflaai.

Teen druktyd het mev. Van Wyk pas uit die teater gekom en is sy in die waaksaal opgeneem.

Sy moes geopereer word sodat die wonde geheg kon word.

Vos sê drie gewapende mans het mev. Van Wyk en Alphius vermoedelik van Daveyton agtervolg.

Die skietery het langs die N12 plaasgevind in die omgewing van die Daveyton-oprit tot die hoofweg. Alphius is ongedeerd.
Vos sê inligting is in dié
stadium gebrekkig oor presies hoe die motor tot stilstand gebring is en hoekom die kapers begin skiet en gevlug het.

Hy vermoed daar was te veel ander motors in die omgewing wat die kapers laat skrik het.

Vos sê die een koeël is deur mev. Van Wyk se arm en die ander een is by haar long in.

Mnr. Van Wyk het gesê die koeël wat in sy vrou agtergebly het, moes eers in haar gelos word omdat dit tussen die hoofslagaar en haar rugmurg vassit.

“As dit deur haar slagaar was, het sy doodgebloei. As dit deur haar rugmurg was, was sy verlam. Nou is dit tussen-in.”

Kapt. Julia Claassen, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek poging tot moord en poging tot kaping. 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...