Karate-instrukteur bly in tronk
2012-02-10 12:44
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Die bejaarde karate-instrukteur van
Fourways wat teregstaan op elf aanklagte
van onsedelike aanranding en verkragting gaan nog
minstens twee weke agter tralies deurbring.
Mnr. Jacques van Heerden, sy
regsverteenwoordiger, het vroeër aangedui hy wil weer
'n borgtogaansoek bring op grond van nuwe feite, nadat hy by die man
se vorige verskyning die eerste keer toegang tot die dossier
gekry het. Borgtog is voorheen geweier.
Die man het vanoggend vlugtig
in die streekhof in Randburg verskyn, maar die aansoek kon nie voortgaan nie,
aangesien die hof nog nie die transkrip van sy vorige borgtogaansoek
ontvang het nie.
Van Heerden het aangedui die aansoek sal onder meer
berus op teenstrydighede in die verklarings van die klaer in
die verkragtingsaanklag.
Die
borgtogaansoek sal later vandeesmaand plaasvind.
Die man in November verlede jaar gearresteer nadat van sy studente, tussen
die ouderdomme van agt en 34, beweer het hy het tydens karateklasse aan
hul private dele gevat. Daarna het ’n 35-jarige vrou beweer die sensei
het haar as 15-jarige in ’n hotel verkrag.