Kind 3 tone kwyt op roltrap

2012-01-25 21:44

’n Sesjarige meisie van aManzimtoti het drie van haar tone in ’n roltrapongeluk by ’n winkelsentrum verloor.

Mishke Roux was Sondag saam met haar ma, Mariska, in die Galleria Mall in dié dorp aan die KwaZulu-Natalse suidkus toe die ongeluk gebeur het.

Drie van haar tone is afgesit en sy het ook kneusings aan haar linkersy opgedoen.

“Ek het net van die roltrap afgeklim en was ’n paar treë weg toe ek die meisietjie se bloed­stollende geskree hoor,” ’n omstander in die winkelsentrum vertel.

Me. Swastika Juggernath, woordvoerder van die winkelsentrum, het gesê kringtelevisie-beeldmateriaal wys hoe Mishke en haar ma van die bankgang af met die roltrap afloop.

“Iemand op die roltrap het die noodknoppie gedruk en toe die roltrap stop, was hulle aan die onderpunt. Dit het in ’n breukdeel van ’n sekonde gebeur.”

Mishke se linkervoet het tussen die kant van ’n trap van die roltrap en die glas vasgesit.

Die meisie sal na verwagting vandag weer geopereer word.

’n Familievriend het aan Beeld gesê dit gaan goed met Mishke.

“Sy is ’n sterk meisie en opgeruimd. Sy sê wel haar voet is seer en die dokter gee vir haar baie medikasie.”

Mishke, ’n gr. 1-leerling aan die Kuswag Skool, kry berading en haar ma, pa of grootouers is heeltyd by haar, het die vriend gesê.

Die Roux-gesin wou nie gister oor die voorval praat nie. Hulle het gesê hulle is besig om oor die traumatiese voorval te kom.

Hulle sal volgens die vriend na verwagting ’n verklaring uitreik sodra Mishke se behandeling voltooi is.

“Die gesin wil almal vir al hul hulp en gebede bedank.”

’n Spesiale Facebook-blad is opgestel om haar vriende en familie op die hoogte van haar vordering te hou.

Juggernath het gesê daar is kennisgewingborde wat mense waarsku om die roltrappe nie kaalvoet te gebruik nie.

“Ons voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Naas die gevaar om op die roltrappe vas te sit, is dit elektroniese toerusting en niemand moet hoegenaamd kaalvoet daarop wees nie.”

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.