Kind hou pa styf vas ná hy in hart geskiet is

2009-10-06 00:19
Monique Locke

Monique Locke

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

'n Parapleeg het eergisternag aanhoudend hardop gebid en drie gewapende rowers gesmeek om nie sy ma en sussie “weg te vat” nie nadat hulle reeds sy pa voor hom doodgeskiet het.

Mnr. Henry Locke (39), ’n motor-elektrisiën van die Elands-wildplaas naby Cullinan, noordoos van Pretoria, is in die hart geskiet en het in die sitkamer ineengestort waar sy verlamde seun, Dawie (23), gelê het.

Die 13-jarige Monique, ’n gr. 7-leerling aan die Cullinan-skool, het vertel sy, haar broer en hul ma, mev. Amanda Locke (43), het tot ná 23:00 in die sitkamer gesit en gesels toe die honde kwaai begin blaf het. Haar pa het geslaap.

“My ma het eers die honde deur die venster probeer stil maak. Toe sy hulle nie kon stil kry nie, het sy die flitslig gevat en na buite gegaan om hulle stil te maak.

“Net toe my ma by die deur uit is, het ’n man wat vermoedelik agter die muur by die voordeur weggekruip het, haar gegryp,” het Monique gesê.

Sy was in daardie stadium kort agter haar ma en het gesien hoe die een aanvaller haar ma gryp en twee ander op haarself afpyl.

“Ek het in die huis ingehardloop en my pa gaan wakker maak. Toe my pa om die hoek by die sitkamerdeur kom, het hulle hom in die hart geskiet.

“Hy het voor die bank neergeval. Een van die rowers het toe vir my ma gesê sy moet gaan sit.

“Ek het langs my pa gaan sit en hom styf vasgehou,” het Monique vertel.

“My broer het die rowers gevra om ons nie weg te vat of seer te maak nie.

“My ma het vir die rowers gesê my boetie is verlam en hulle moet hom nie seer maak nie. Sy het gesê hulle kan alles vat.

“Hulle het my ma en boetie se selfone, ’n skootrekenaar en my ma se trouringe van haar vingers af gevat.”

Die aanvallers het kort daarna gevlug.

“Toe hulle weg is, het ek en my ma probeer om my pa in die motor te laai, maar hy was te swaar.”

Mev. Locke het haar seun in die motor gelaai en saam met haar twee kinders tot by die bure gejaag.

Die gesin het ná die moord begin oppak en is besig om na mev. Locke se suster, mev. Estelle Maritz, se plaas by Honingnestkrans, noordwes van Pretoria, te trek.

Maritz het gesê die rowers het twee heiningdrade stukkend geknip om by die erf in te kom. “Hulle het my suster en haar kinders se hele lewe verwoes.

“Ons wil nie die land verlaat nie. Dis ons grond en ons familie bly hier. Ons eie huise is al reeds tronke.”

Dit is jammer dat haar swaer, wat altyd goed was vir sy medemens, so vermoor moes word, het ’n ontstelde Maritz gesê.

Konst. Sally Skosana, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is nog op vrye voete.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.