Klein robot help dalk lewens red

2009-11-18 22:43

Bielie van ’n buksie ... Mnr. Riaan Stopforth van die Universiteit van KwaZulu-Natal se skool vir meganiese ingenieurswese by Caesar.Foto: Dries Liebenberg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Durban. – ’n Bonkige buksie van ’n robot is vandeesweek by die Universiteit van KwaZulu-Natal bekend gestel wat moontlik eendag kan help om die lewe van brandweermanne en reddingswerkers te red.

Caesar staan maar 27 cm hoog op sy rusperbande en is 70 cm lank en breed.

Dit is ’n akroniem vir Contractable Arms Elevating Search and Rescue Robot.

Caesar kan vir ’n uur lank met sy battery-aangedrewe 12V-motortjie trappe klim, oor onstabiele puin beweeg en hindernisse uit sy pad stoot om by klein openinge in te kom om te sien of mense vasgekeer is.

Buiten die twee rusperbande het die robot ook twee stelle arms wat met rusperbande toegerus is wat dit groter beweeglikheid gee.

Volgens mnr. Riaan Stopforth van die universiteit se skool vir meganiese ingenieurswese is sulke stedelike soek-en-reddingsrobotte vir die eerste keer ná die World Trade Centre-ramp in 2001 ingespan.

Tydens reddingswerk ná die terreuraanval het 65 reddingswerkers verdrink toe ’n deel van die puin oorstroom het terwyl hulle na oorlewendes gesoek het – en daar was geen oorlewendes nie.

Anders as die robotte wat by die World Trade Centre gebruik is, word Caesar koordloos beheer en verwar hy nie sy beheerseine met die radioseine van ander robotte of reddingspersoneel se radio’s nie.

Hy is met ’n termiese kamera toegerus sodat sy videobeelde nie deur digte rook belemmer word nie.

Danksy ’n luidspreker kan reddingswerkers ’n slagoffer raad oor noodhulp gee totdat hy of sy gered kan word.

Volgens prof. Glen Bright, hoof van die skool van meganiese ingenieurswese, het dit drie jaar geneem om Caesar teen ’n koste van R300 000 te ontwikkel.

Hulle beoog om Caesar te verfyn, maar die kommersiële beskikbaarstelling van dié prototipe sal van die aanvraag afhang.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...