Kotzé se vrou ‘gaan nie lê’

2012-02-07 22:27

Me. Ina Bonnette

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy verduur nog baie pyn, maar het reeds begin om op te staan ná haar wrede marteling en verkragting en die moord op haar seun.

Me. Ina Bonnette (42) van Modimolle (Nylstroom) gaan selfs by ’n musiekdag ’n motiveringspraatjie vir die gemeenskap hou oor wat met haar gebeur het en hoe sy dit probeer verwerk.

Sy het ook onlangs weer begin werk en gaan Vrydag haar vervreemde man en beweerde aanvaller, mnr. Johan Kotzé (50), se hofsaak op dié dorp bywoon.

“Sy wil hom (Kotzé) wys dat hy haar nie gebreek het nie,” het me. Elize Coetzer, ’n goeie vriendin, gister gesê.

Bonnette sal deur vriendinne by die hof ondersteun word. Hulle sal almal pienk dra.

Kotzé het na bewering op Dinsdag 3 Januarie drie mans gehuur om Bonnette te verkrag. Die egpaar was vervreem en besig om te skei.

Kotzé het Bonnette glo erg met verskeie voorwerpe aangerand. Hy het haar seun, Conrad (19), na bewering drie keer geskiet.

Coetzer het gister gesê Bonnette het sowat twee weke gelede weer as versekeringsmakelaar in die dorp begin werk.

Sy verduur nog baie pyn en kry nagmerries. Bonnette ontvang sielkundige berading.

“Party dae het sy al ’n glimlag op haar gesig, al kan ’n mens die seer in haar oë sien,” het Coetzer gesê.

Intussen beplan die gemeenskap van Modimolle om op Saterdag 3 Maart ’n musiekdag te hou om geld in te samel vir haar mediese onkoste. Bonnette moet nog verskeie rekonstruktiewe operasies ondergaan wat sowat R70 000 sal beloop.

Coetzer het gesê die musiekdag sal by die SunRock Lodge buite die dorp gehou word. Verskeie plaaslike kunstenaars sal optree en daar sal kos- en klerestalletjies wees.

Dit is daar waar Bonnette haar motiveringspraatjie gaan hou.

Coetzer het gesê kunstenaars en mense wat uitstalruimte by die musiekfees wil bekom, word benodig.

Sy kan by 082 682 5396 gebel word.

Kotzé sal oormôre saam met drie medebeskuldigdes in die Modimolle-landdroshof verskyn.

Die vier staan elk tereg op 17 aanklagte, waaronder moord, poging tot moord, verkragting en sameswering tot verkragting.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.