Krokodil wat Dusi bedreig, hap man byna

2009-11-18 22:43

Mnr. Nivash Dhookran op die plek waar hy die krokodil gewaar het. Dit is naby die eindpunt van die Dusi-kanomarathon, wat oor net meer as twee maande gehou word.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Durban. – Die krokodil wat die Dusi-kanomarathon se organiseerders hoofbrekens gee, is weer gewaar en dié keer het hy byna ’n Durbanse man in sy kake gehad.

Mnr. Nivash Dhookran (37) van Reservoir Hills wat die afgelope 30 jaar op die oewer van die Umgenirivier woon, het twee weke gelede afgebuk om kruie te pluk toe die krokodil skielik sy bek langs hom oopmaak.

“Teen die tyd dat die krokodil se kake toegeklap het, het Nivash al weggehardloop,” het mnr. Ray de Vries, woordvoerder van die kanowedvaart, gister gesê nadat die organiseerders van die voorval te hore gekom het.

Organiseerders van die Dusi (die wêreld se grootste kanowedvaart) is al van verlede maand bekommerd oor krokodille wat op die roete opgemerk is.
 
In Oktober is drie tot vier krokodille by ’n keerwal hoër op in die rivier gesien. Maar teen begin vandeesmaand is ’n 2 m lange krokodil sowat 800 m van die wedvaart se eindpunt by Blue Lagoon opgemerk.

De Vries reken dis dieselfde een wat nou na Dhookran gehap het.

Volgens Dhookran het mense van die omgewing onlangs opgemerk die kolganse raak al hoe minder – daar is nou net twee oor en hulle bly “vér van die rivier af weg” - en die karp het “te kere gegaan asof dit die sardienstormloop is”, het De Vries gesê.

Een van Dhookran se werkers het op 2 November die krokodil die eerste keer op die oewer gewaar. Die volgende dag is Dhookran op sy plaas aangeval.

“Ek het my byna doodgeskrik,” het hy gesê. Iemand het ná die voorval die krokodil met ’n selfoon afgeneem.

Die Dusi se organiseerders het die afgelope twee weke al ’n helikopter gehuur om na die krokodille te soek.

Hoewel hulle nie die krokodille kon opspoor nie, het baie gemeenskappe langs die rivier gesê hulle het die gedierte al gesien.

“Op een plek het die inwoners hul kinders verbied om in die rivier vis te vang,” het De Vries gesê.
 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...