‘Kyk, dis ék op die foto!’

2010-12-23 23:30

Beryldene Cloete (9) en die wenfoto van haar wat vroeër vanjaar in Beeld gepubliseer is. Foto’s: Johnny Autumn

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

‘Dit was wonderlik om die klein mensie weer te sien.”

So sê die wenner van Beeld se fotokompetisie nadat hy maande lank na die negejarige meisie in sy wenfoto gesoek het om haar te wys watter groot opslae haar foto gemaak het.

Mnr. Johnny Autumn het Beryldene Cloete (9) verlede maand eindelik opgespoor en haar in haar tuisdorp, Spoegrivier in die Noord-Kaap, gaan besoek. Hy het ook vir haar speelgoed, klere, vergrootte kopieë van die wenfoto en R1 000 gevat.

Beryldene het glad nie geweet haar foto is as die wenfoto gekies wat Autumn van Randburg ingeskryf het nie.

Autumn het haar verlede jaar in die nabygeleë dorpie Leliefontein tydens Namakwaland se blomtyd gewaar.

Hy was op reis deur dié dorpie toe hy ’n foto van die meisietjie met die groot rollers in die hare voor haar gesin se pienk huisie geneem het.

Hy het die foto in Julie ingestuur en kort daarna gehoor hy is die wenner van ’n Canon-kamera ter waarde van R15 000. “Dit het my vreeslik gepla dat die meisietjie geen idee gehad het dat sy in die koerant verskyn óf van die opwinding rondom die kompetisie geweet het nie,” het Autumn gesê.

Hy het toe besluit om Beryldene op te soek. Hy het maande lank sonder sukses navraag gedoen.

“Wat dit veral moeilik gemaak het, was dat daar nie selfoonopvangs in die klein dorpies is nie en min inwoners het huistelefone. Mense het ook aan my gesê Leliefontein het nie ’n skool nie.”
Hy het vasgestel daar ís ’n skool.

“Die skoolhoof het vertel Beryldene se ma, Anna, was eers ’n aflos-onnie by die skool, maar sy gee deesdae op Spoegrivier skool.”

Hulle het mev. Cloete in die hande gekry en gereël dat Autumn hulle op Spoegrivier kom besoek.

“Dit was wonderlik om die klein mensie weer te sien. Sy was mooi aangetrek, met rooi strikkies in haar vlegsels en die enigste kind met sandaaltjies aan die voete. Sy was oorstelp oor die geskenke en koerantuitknipsels.”

Mev. Cloete het met trane in haar oë “Beryldenetjie” se geld ontvang.

“Sy’t glo vir geld gebid om vir Beryldenetjie ’n fiets vir Kersfees te koop.

“En hier kom die seën dat die kind self haar eie fiets kan koop.”


Beryldene bly in dié afgeleë Noord-Kaapse dorpie.


Beryldene (tweede van regs) en haar maatjies by ’n kopie van die wenfoto wat mnr. Johnny Autumn vir Beeld se fotokompetisie geneem het.


Die wenfoto. Foto: Johnny Autumn

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.