Laggende gewapendes wil vroue van pad druk

2010-01-21 08:23

Virginia Keppler

Drie gewapende mans het eergistermiddag om 15:00 op die Boschkop-pad, oos van Pretoria, twee vroue en ’n maand oue baba van die pad probeer afdruk terwyl hulle ’n rewolwer op die vroue gerig het.

Die mans het die heeltyd vir die vroue gelag.

Mev. Anita Fourie (56), haar dogter, Ankea Pretorius (33), en dié se baba, Ruben (1 maand), was op pad na hul plaas in Boschkop toe die voorval gebeur het.

“My dogter het bestuur en ek het agter saam met die baba gesit. Die volgende oomblik het ’n wit BMW op ons afgepyl en byna agter in ons vasgery,” het Fourie gesê.

“Ek het aanhoudend vir die bestuurder van die BMW gewys om verby ons te ry, want daar was geen ander voertuie op die pad nie, maar hy het hom nie aan my gesteur nie,” het Fourie gesê.

Volgens haar het die BMW toe langs hulle begin ry. “Die passasier wat links voor gesit het, het sy venster afgerol en ’n rewolwer teen my dogter se venster gedruk.”

Fourie het gesê Pretorius het in daardie stadium aanhoudend geskreeu: “Ma, hy gaan my skiet!”

“Ons het seker vier minute lank so gery en die heeltyd het hulle vir ons gelag. Ek het die baba vasgehou en met my liggaam probeer beskerm,” het Fourie huilend vertel.

Pretorius het in ’n stadium die BMW langs die kant hard gestamp om die mans van hulle af weg te kry, maar dit het nie gehelp nie.

’n Vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting aangery gekom het, het waarskynlik die vroue se lewe gered, want die BMW het spoed verminder, omgedraai en weggejaag.
Fourie het gesê haar dogter is erg getraumatiseer.

Tuis het die vroue byna twee uur lank gesukkel om die Boschkop-polisie in die hande te kry. “Toe ek uiteindelik ’n polisieman in die hande kry, het hy
gesê hy gaan nie nou uitkom nie, want niemand is dood of beseer nie. Ons buurtwag het ons kom ondersteun.”

Insp. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het Fourie gister persoonlik gebel en verskoning gevra en gesê die voorval sal ondersoek word.

Hulle gaan ook vasstel wie die betrokke polisieman is. “As dit daarop neerkom dat hy versuim het om sy plig na te kom, gaan hy departementeel vervolg word,” het Stoltz gesê. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
158 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.