Landdros ‘weet nie van klagte’

2010-07-29 22:31

Die hooflanddros in Lichtenburg teen wie verskeie klagte van wangedrag ondersoek word, beweer hy is nie bewus van so ’n ondersoek teen hom nie.

Landdros I.W.O. Morake het vandeesweek in dieselde asem aan Beeld gesê die ondersoek teen hom is sub judice en dat die koerant eerder by die Landdrostekommissie navraag moet doen. Morake het die oproep toe gou beëindig en gesê hy het voorbereidingswerk om te doen.

Mnr. Danie Schoeman, sekretaris van die Landdrostekommissie, het vroeër bevestig dat die kommissie verskeie klagte teen Morake ondersoek.

Hy kan nie nou meer besonderhede oor die aard van die klagte bekend maak nie omdat die kommissie se etiese komitee eers aanbevelings moet doen oor of Morake voor die Landdrostekommissie aangekla sal word.

Dis nog nie seker wanneer dié aanbevelings gedoen gaan word nie, het Schoeman gesê.

Beeld het intussen verneem die klagte teen Morake hou daarmee verband dat hy mense wat ander geld skuld, na bewering geïntimideer en gedreig het. Volgens Beeld se bron het Morake dié mense glo ontbied om hom te kom spreek, ook van gebiede buite sy jurisdiksie.

Hy het hulle dan na bewering met arrestasie gedreig indien hulle nie hul skuld betaal nie sonder dat daar sprake van strafregtelike prosedures was.

Morake het na bewering ook van die geld ontvang wat geskuld is.

In sommige gevalle het die mense aan wie die geld geskuld is, die geld glo nooit van Morake ontvang nie.

Beeld verneem daar is ’n strafregtelike saak en siviele geding teen Morake hangende. Schoeman het vroeër bevestig Morake is die beskuldigde in ’n strafregtelike saak.

Die kommissie kan egter nie klagte wat met dié saak of die siviele geding verband hou, ondersoek voordat die onderskeie hofsake afgehandel is nie, het Schoeman gesê.

“Ons moet dus eers wag om te kyk of hy skuldig of onskuldig bevind word. Dit help nie ons doen ’n hele ondersoek en dan bevind die hof hy is onskuldig nie.”

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Audit

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-420,000 Per Annum Cost To Company

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...